Trump sal Clinton nou klop – peiling

Donald-Trump

Donald Trump. Foto: Gage Skidmore/Commons.wikimedia.org

Die Republikeinse Party se waarskynlike presidentskandidaat, Donald Trump, sal die Demokrate se waarskynlike kandidaat, Hillary Clinton, klop as ʼn presidentsverkiesing nou sou plaasvind.

Volgens die jongste Rasmussenpeiling sal Trump nou 41% van die stemme trek en Clinton 39%. ʼn Week gelede sou elke kandidaat nog 38% gekry het.

Daar is egter ʼn belangrike verskil tussen die jongste en vorige peilings. Met die vorige peilings is die rol van kiesers, wat beplan om van die stembus weg te bly as Trump en Clinton die kandidate is, in berekening gebring. Trump word dus liggies deur die wegbly-protesstem bevoordeel.

Vroeg in Maart het Clinton nog met 41% teenoor 36% voorgeloop.

Die peilings toon steeds dit gaan dikwels nie oor hoeveel steun ʼn presidensiële kandidaat het nie, maar hoeveel teenkanting, ook in sy eie party. Beide Clinton en Trump het in hul partye ongehoorde sterk teenstand – in so ʼn mate dat sommiges selfs vir die kandidate van ander partye kan stem.

Volgens die jongste Rasmussenpeilings beoog bykans ʼn kwart van die Amerikaanse kiesers om op stemdag tuis te bly of vir die kandidaat van ʼn derde party te stem, as Clinton en Trump die twee groot partye se kandidate is.

In Maart het 49% van die kiesers aangedui hulle sal beslis teen Trump stem en 42% dat hulle teen Clinton sal stem.

Die syfers is vloeibaar soos die tyd aanstap, maar dit het verlede week gelyk asof meer Republikeine vir Clinton sal stem as Trump hul kandidaat is, as andersom, maar ook Clinton het met baie Demokratiese Party-kiesers te kampe wat haar as te toksies beskou om hul party se kandidaat te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ivan ·

Ai, ek wens ons het ook sulke kandidate gehad. Eishhh…………

Cherokee ·

Ivan, ons het wel ‘n kandidaat soos Clinton…. in die vorm van die liberalistiese Zille en kie.
Ongelukkig het ons nie ‘n kandidaat van Trump se kaliber nie – so jammer.

John ·

Die Amerikaanse Jode het hom aanvanklik baie teesinnig gesteun omdat hy ‘n uitgesproke Christen is, maar hulle gaan later baie bly wees as hy verkies is. Ons lewe in ‘n gevaarlike tyd. Vrede in Jerusalem gaan binnekort onder druk kom. Ons besef nog nie watter gevolge chaos in Israel ook vir die res van die wereld kan inhou nie.

Adriaan ·

Trump is net so min ‘n christen soos die manitjie op die maan. Lees sy boeke. Net christen as dit hom pas. Ongelukkig is klomp SA ook net christene as dit hul pas. Vinnag om 1 teks verse uit bybel te haal, om hul standpunt (gewoontlik politiek) te bewys. Moet egter nie verder uitvra oor die bybel nie. Hoe meer regs, wel, hulle sal tot so ver gaan en jou vertel die bybel is verkeerd. Die jode is nie jode in Israel nie. Volgens hulle. Moet maar nie op mense staatmaak nie. Veral nie Trump nie.

schalk ·

Mooi Adriaan. Daar haal jy sommer die Christene ook uit. Wat was nou eintlik die doel van jou kommentaar? Ek sal jou ook nie meer uitvra oor die Bybel nie, klink my jy het ook n paar verse gereed.

chrisp ·

Volgens my is Clinton reeds die President sy is net soos Obama reeds lankal gepoets en reggemaak vir hulle onderskye rolletjies in die wereld.
Die kans dat Trump die Republikeinse kandidaat gaan wees is ook nie ‘n voldwonge feit nie.Dit sal my geensins verbaas as hy dit nie gaan wees nie.

Tweeparty “demokrasie” is in elk geval geen demokrasie nie. Die klug sal hom hier ook afspeel net soos in die meeste van die “demokratiese” wereld het syde ANC,DA of dalk ANC,EFF.

Henry ·

Lyk mos asof jy en andere wat so teen die man met die kuif is, weer aan’t dink sal moet raak, want Kuifie@Trump gaan die Republikeine se kandidaat wees. Tensy iemand(e) natuurlik vir Trompie op een of ander wyse uit die weg sou ruim.
Ek wil ook glo dat hy wat Trompie is, nie so ‘n gewilde keuse onder die lede van die plaaslike sirkus sal wees nie.

schalk ·

Wel Chrisp. Twee party politiek is by verre beter as die sirkus hier in SA, hier is dit elkeen vir homself, as dit moontlik was het almal hier sekerlik hulle eie party gehad. Dat Trump beslis Clinton kan klop in die verkiesing is n feit, dit hoor ek elke dag by familie wat daar bly, nie in halwe berigte in ons plaaslike koerante nie.

Cherokee ·

Chrisp, jy klink so DA’erig. Terloops, het jou lankal die naam gegee van ‘n boekwinkel waar jy ‘n woordeboek kan koop.

chrisp ·

Ons sal maar sien mense. Hoop om van julle te hoor met die uitslag
(julle sal van my hoor as ek verkeerd is)..
Ek is uit en uit ‘n Trump man maar die VSA is bekend vir hul beeldpoetsers en mense wat moet wen, wen gewoonlik.
Obama was die swartgesiggie(hoe anders kan ‘n man wat se grootste roem die van ‘n gemeenskapsorganiseerder was, ewe skielik die magtigste man in die wereld word?). Clinton is nou die vroue gesiggie.So polities korrek ek ruik dit tot hier in die ou TVL.

Maar tyd sal leer.
Cherokee – Dankie maat wou nog altyd so naam gehad het.

schalk ·

Behalwe vir daai kapsel, het ons ook so n kandidaat hier nodig.

John ·

Adriaan, is Hillary Clinton ‘n Christen of ‘n Jodin? Dink jy me Clinton kan wereldvrede bewaar? Sou jy se sy sal ‘n gebalanseerde verhouding met die Moslems, Rusland, Iran en Sirie kan handhaaf? Hoe gaan me Clinton reageer as ‘n soortgelyke ramp soos 9/11 die VSA tref? Indien sy nog ‘n beroerte kry, wie gaan by haar oorneem? Hoe gaan jy reageer as jy agterkom dat Bill Clinton eintlik maar aan die roer van sake staan al ondervind hy groot gesondheidsprobleme? Wie is eintlik in beheer van die VSA se weermag?

Kenny Erasmus ·

Ai ,is dit net ek , of …daar is die laaste paar dae maar min nuus oor Zumpie op Maroela?

Cherokee ·

Dit is nie net jy nie. Daar is meer van julle wat Zuma sulke troetelnaampies gee asof julle eintlik geheime aanhangers is.

Cherokee ·

Terloops, ek lees verkieslik eerder van Donald Trump as van jou geliefde ‘Zumpie’.

Doons ·

Ja ou Adriaan het die kat deeglik aan die stert beet,ons as maatskappy is baie nou betrokke by die VSA en ek moet se dit gaan n vars bries wees om n nie politikus aan bewind daar te kry.Ek glo dat hierdie spul Afrika bedelaars n totaal ander bedeling gaan beleef.Hulle sal nie net VSA geld kry om te blaas nie.

Nico K ·

Ek stem saam met Adriaan, ek het ook my bedenkinge oor Trump se Christenskap. Dit beteken nie ek steun Clinton nie. Weet nie veel van haar nie. En ek dink die is die meeste Amerikaners se probleem. Hulle wil nie een van die kandidate hê nie. En ek dink die meeste van julle verstaan nie die 2 party stelsel nie. Dit bestaan slegs as gevolg van die tipe kiesstelsel wat gebruik word. As hulle die kiesstelsel in Amerika gaan verander sal daar heel waarskynlik ander partye na vore tree wat dalk ‘n goeie ding sal wees.

neelsie ·

Mnr Trump moet net nie aan sit nie……..dan is dit nag!

Johannes Froneman ·

Hilary kom uit goeie Christenhuis. Maar wat beteken dit eintlik? Beleid en integriteit is veel belangriker. Christene verskil so radikaal van mekaar dat dit eintlik irrelevant is. Ek meen: PW was ‘n Christen, ook Treurnicht. En Zille.

Magaretha van heerden ·

Ons is al so moeg vir mense wat Trump beledig, Gee die man n kans. Hy is net reguit en ons Suid Afrikaners hou mos van reguit mense Wat se swartsmeerdery is dit nou. Wat het sy haarstyl met die politiek te make So asof almal wat kommentaar lewer vreeslik mooi is. Wonder hoe lyk hulle. Dit is belangrik vir die hele wereld wat gebeur in USA en ek sou se kyk liewer met earlike oe na die candidate Trump herrinner baie aan Reagan en hy was cute

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.