Trump se liefdadigheidstigting ontbind

Pres. Donald Trump se liefdadigheidstigting ontbind. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Pres. Donald Trump van Amerika se liefdadigheidstigting het ʼn ooreenkoms bereik om te ontbind midde-in ʼn regstryd met die prokureur-generaal van die deelstaat New York.

Die prokureur-generaal, Barbara Underwood, en die stigting het Dinsdag ʼn gesamentlike uiteensetting by die hof ingedien wat die proses omskryf ingevolge waarvan die stigting sluit en sy oorblywende bates onder ander organisasies sonder winsoogmerk verdeel word.

New York het vroeër vanjaar ʼn hofaansoek ingedien waarin die deelstaat die stigting daarvan beskuldig dat dit soos ʼn verlengstuk van Trump se sakeryk en politieke veldtog bedryf word. Dié regsgeding gaan voort ten spyte van die ooreenkoms.

Die stigting se regsverteenwoordigers sê enige oortredings was gering. Hulle voer aan hulle probeer die stigting al maande lank vrywillig ontbind.

ʼn Regter moet nog die ooreenkoms onderteken.

Underwood, ʼn Demokraat, is daarop uit om miljoene dollars in boetes te bekom. Sy wil ook hê Trump en sy oudste kinders moet verbied word om enige ander liefdadigheidsorganisasies te bedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IK ·

Underwood, ‘n demokrater wat soos haar naam aandui redelik laag mik.

John ·

Ja, die liberale sosialiste soek Trump se bloed en sodoende Rusland. Europa en Engeland word ook geteiken met die VVO as die grootbaas wat die wereld om wil keer. Ons staan voor die deur van ‘n nuwe wereldorde en paradigma en die strate is vol dwases met plakkate wat glo… dan sal dit beter gaan en ons almal miljarders word. Die duiwel belowe mos telkens ultra geluk en weelde, en wat volg…. ?

Daan Erasmus ·

Vir almal wat FOX News kyk en elke woord glo wat hul (twak) praat. Hier is nou die bewyse dat Trump oneerlik is. Onthou hierdie is onderhandel en Trump het nie veel van ‘n keuse gehad nie. Net soos die Nelson Mandela Kinderfonds byna geen liefdadigheid werk doen nie. Net so hier en daar iets vir die vertoon.

OS ·

Skelm , gierige gril ou man wat dink Amerika is een van sy mpy’e….

Jerry ·

Die einde van die pad vir Trump as president is in sig! Mag Amerika nooit ooit weer so n fout begaan om na regs af te dwaal!

Anne ·

Ek kies hom eerder ipv die nar wat ons nou as sg president het

Sky ·

Ai kan jy dit nou glo. Hulle sal eerder liefdadigheidsorganisasies toemaak (wat baie arm mense nou benadeel) uit vrees (en nyd) dat Trump of sy familie in ‘n goeie lig geplaas word. Baie kortsigtig en ongelooflik selfsugtig. Trump is die beste ding wat met Amerika gebeur het in baie jare. Dis net die linkse media wat heeltyd poog om hom af te breuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.