Trump se reisverbod in hof

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Pres. Donald Trump se besluit om tydelik mense van sewe Moslemlande toegang tot die VSA te weier, is Woensdag in ʼn federale appèlhof onder die vergrootglas geplaas.

ʼn Paneel van drie regters het August E Flentje, ʼn spesiale verteenwoordiger van die assistent prokureur-generaal van die VSA namens die Trump-administrasie, ondervra. Noah G Purcell, die prokureur-generaal van Washington, is ook namens die deelstate van Washington en Minnesota ondervra.

Flentje het benadruk dat dit binne die president se mag lê om buitelanders toegang te weier op grond van nasionale veiligheidsredes. Die regters het hom gevra om bewyse voor die hof te lê dat diegene wat toegang geweier word met terreur verbind kan word.

Purcell het ook onder vrae deurgeloop oor Washington en Minnesota se weiering om aan Trump se besluit gehoor te gee. Hy het aangevoer die verbod is ongrondwetlik aangesien dit mense met ʼn spesifieke geloofsoortuiging teiken.

Die regters het uitspraak voorbehou, maar gesê hulle sal so gou moontlik reageer.

Trump se verbod verhoed reisigers van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen om vir 90 dae na Amerika te kan reis. Vir vlugtelinge is die tydperk 120 dae.

Trump se verbod het wydverspreide protesaksies oor die VSA tot gevolg gehad. ʼn Federale regter in Seattle het vroeër die maand die verbod opgeskort. Die departement van justisie het hierna geappelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johannes van Staden ·

Asof die moslems so ander mense in hulle land toelaat ….so hoekom moet Amerika almal toelaat veral as hulle bekend is vir hulle aanvalle op onskuldige mense wat niks met hulle pyne in die lewe iets tedoen wil he nie. Nee wat hou hulle maar uit want globaliseering werk duidelik nie

vierkleur ·

Trump, jy het nie dalk n broer wat die leisels hie in SA kan oorneem nie?
As ons so verbod instel, sal ons plaasmoorde met 90% daal. Dis nou as ons die mense van zim ,
en so aan uit ons land kan hou,met n verbod

Nico K ·

Ek persoonlik is glad nie oortuig dat die meerderheid plaasmoorde deur Zimbawiërs gepleeg word nie. Daar is, maar beslis nie die meerderheid nie. Dit is meestal SA burgers wat dit doen. En die rede hoekom hier so baie Zimbabwiërs is is omdat ons eie mense hulle werk gee. Ek ken persoonlik ‘n paar mense wat Zimbabwiërs in hul diens het.

oni ·

dis onwaar dat net buitekanders die gruweldade pleeg. dis Suid~Afrikaners wat skielik n buitelander voorgehou word. daar is wel gevalle maar snaaks dat al wat n uitlander is, se hele familie in SA bly.

Alida ·

Hoekom kan daar nie in SA ook ‘n verbod wees nie. Dit sal die werkloosheidsyfer drasties verlaag. Stuur die buitelanders waar hulle vandaan kom.

LMF ·

Go Trump wys hul hoe moet n land regeer word gee hul gas is jul al besig om die muur te bou

Mossie ·

Los die man uit anders as die gemors is S A beskerm hy net sy land

Alida ·

Bravo Trump maak skoon. Elke nasie het sy eie land stuur hulle terug. Dit is wat ons in SA kort. Iemand met ruggraat nie n dansende giggelende mens met geen integriteit nie.

Irma Kuhn ·

Is daar nie iewers in RSA so ‘n leier wat ook ons GRENSE kan sluit en AL die vreemdelinge na hulle eie lande kan terugstuur nie…ons land se EIE mense het die werk baie nodig! Ook vrouens en gesinne om te versorg!!!

vermeende ·

Die media verkoop die storie dat Trump moslems weier…….wel Obama is n moslem en nog daar.

Die liberales in die wereld kan maar net nie aanvaar dat hulle iedees en wil nou oorskadu word met n konserwatiewe meerderheid nie en die liberale media doen alles moontlik om die verkiesing wat reeds beslis is te beinvloed.

Hier spel Trump dit mooi uit sodat elke liberalis kan verstaan.

https://www.youtube.com/watch?v=YKJ1cgccEmE&feature=youtube_gdata_player

Hierdie is net so geldig hier tuis ook.

Gatiep ·

Dis n oorlog op die oomblik teen liberals teen konserwatiewes in die VSA.
En ons weet hoe het liberalisme ons land verwoes…
In die VSA vereenselwig die liberales hulle nou (nes in SA) met alles wat gekant is teen n Blanke Heteroseksuele man , en alles anti-wit , en christenskap … die Moslem en Islam is nou kroonwild, Aborsie (babamoord) is hulle “mense-reg” en geweld teenoor almal wat nie saamstem nie word deur die media al as sosiaal aanvaarbaar beskou. David Kramer is een van die tipiese eenoog monsters wat niks verkeerd kan sien met hoe liberalisme die morele vesel van ons beskawing afbreek tot ons weer in n Gemorra verval.

John ·

?.. en moeder Angela verander nou ook van deuntjie en begin mense uit Duitsland verban. Hoekom? Toeriste bring geld vir lugdienste, hotelle ens ens… so geld speel ‘n groot rol en tv-stasies soos CNN wat op drama-drama floreer, hou van moord en doodslag… en veg saam met die dwase… Dink net: Moord van die president deur… die toppunt van ekstase…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.