Trump skimp oor 2024

Skermgreep uit die onderhoud met NDTV

Donald Trump het dit weer laat deurskemer dat hy van voornemens is om homself in 2024 as president beskikbaar te stel. Hy het aan ʼn Indiese televisiestasie gesê “dit sal baie mense baie gelukkig maak”.

“Almal wil hê ek moet weer staan. Ek loop voor in die meningspeilings,” het Trump gesê in ʼn uittreksel van ʼn onderhoud met NDTV wat Donderdagaand volledig vrygestel sal word.

“In elke peiling – Republikeinse meningspeilings en Demokraat-opnames; en ek sal binnekort ʼn besluit maak, dink ek. Ek dink baie mense gaan baie gelukkig wees,” het hy bygevoeg.

Die miljardêr voormalige realiteitstelevisiester, 76 jaar oud, het ook weer bewerings herhaal dat die 2020-verkiesing, waar hy deur pres. Joe Biden geklop is, gemanipuleer was. “Daar is yslike bewyse, daar is yslike getuienis.”

Trump word tans ondersoek dat hy moontlik geklassifiseerde dokumente verkeerdelik hanteer het. Die FBI het verlede maand ʼn klopjag op sy huis uitgevoer. Hy ontken enige foute en sê die klopjag is “een van die uiterste aanrandings op demokrasie in die geskiedenis van ons land”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gaitsigubib ·

Die demokrate skrap al wat regulasie is, wat koeiery dan in effek vergemaklik, en dan is hulle so”verontwaardig” as mense dink dat hulle knoei. Die dokumenter van Dinesh D’Suza, “2000 Mules” plaas daardie verkiesing nogal onder verdenking. Dalk moet die demokrate reels in plek bring wat knoeiery nie so vergemaklik nie, dan kry hulle dalk weer n gryntjie geloofwaardigheid.

Dirk ·

Die stuk gemors moet nooit weer Amerika se president wees nie. Hy en sy hele siek familie moet in die tronk gaan sit.

Gawie ·

Hoe is dit moontlik dat so ‘n leunaar en ‘n nar so populêr kan wees? Is die Amerikaners heeltemal van hul sinne beroof?

Gawie ·

Vuurvliegie – Eerstens, Biden is nie my president nie, en ek het nou nie juis ooghare vir hom nie. Twedens, net omdat Trump ‘n nar is, beteken nie dat ek sy opposisie moet ondersteun nie. Trump se party het baie goeie dinge vir die VSA gedoen, maar hy as mens is die probleem.

Nommer 7 ·

Gawie, kultusleiers in Amerika was nog altyd baie suksesvol om die liggelowiges te oortuig.

Gaitsigubib ·

Wie is jy nou Dirk of Gawie? Mens moet eintlik een naam kies en daarby hou.

vuurvliegie ·

Via Trump. Dan sal die geld wereld markte weer na std beweeg.
Geen belegging maak tans wins onder Biden nie. Die Pro geweer manne sal 100% weer vir Trump stem.
Go Trump

vuurvliegie ·

Die wereld is ‘n klein plek. Dis waar ek jou ontmoet het

Gaitsigubib ·

Delia dink jy sowaar as Trump se naam in Ghislaine Maxwell se swart boekkie was, sou sy nog in die tronk gewees het? Die demokrate sou seker maak dat sy net ‘n opgeskorte fonnis kry in ruil vir haar getuienis. Nou kan hulle niks doen nie, want hulle eie name is op die lys. Waar kom jy tog aan die storie in elk geval, dink jy dit self uit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.