Trump-skoondogter hospitaal toe ná verdagte koevert

Donald Trump jr., sy vrou Vanessa en hul kinders. Foto: Twitter

Pres. Donald Trump se skoondogter is Maandag as voorsorgmaatreël na ʼn hospitaal geneem nadat sy ʼn brief wat aan haar man, Donald Trump jr., gerig was, oopgemaak het en daar ʼn verdagte wit poeier in was.

Vanessa (40) het die brief by haar ma se woonstel in Manhattan oopgemaak waarna sy 911 gebel en gesê het sy hoes en voel naar.

“Ek is dankbaar dat Vanessa en my kinders veilig en ongedeerd is ná die ongelooflik skrikwekkende situasie wat vanoggend plaasgevind het,” het Trump jr. op Twitter gesê.

Die New Yorkse brandweer het bevestig drie pasiënte is na ʼn hospitaal geneem vir waarneming. Volgens die polisie was daar ook ʼn brief in die koevert, maar geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

Die polisie het later bevestig die poeier in die koevert is onskadelik, maar hulle ondersoek steeds die oorsprong van die brief.

Vanessa en Trump jr. het vyf kinders. Die kinders was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Sarah Huckabee Sanders, woordvoerder van die Withuis, het bevestig Trump het telefonies met Vanessa oor die voorval gesels.

Die Trump-familie het al soortgelyke situasies trotseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Wat nog…. ? net bly sy kon vining genoeg hulp kry? hoekom nou Donald Jnr wil uithaal? Wonder waste soort middel word nou weer gebruik…. as dit dan onskadelik is… hoekom het sy begin sleg voel net nadat sy dit oopgemaak het? nuwe manier om mense skade aan te doen?? sterkte aan Venessa.. verlig jy is ok

Peet Schabort ·

Sjoe, dis nie goed nie. Dis amper net só erg as om my koevert met munisipalerekening oop te maak want binne-in wag iets ergers as ‘n briefbom!

Mv ·

Wat se dit vir jou….moet nie briewe oop maak wat nie vir jou is nie :)

PJC ·

Hierdie wys net weer hoe graag Donald Trump senior se vyande hom uit die withuis wil hê en dit het niks te make met sy staatmansskap. Duidelik het sy opponente ń geheime agenda en enige ander republiekynse president wat nie manipaleerbaar is nie sal dieselfde oorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.