Trump sterk aan by Withuis

Trump kom Vrydag by die hospitaal aan vir behandeling nadat hy Covid-19 opgedoen het. (Foto: Jacquelyn Martin/AP)

“Ek is nou beter en miskien selfs immuun.”

Só het die Amerikaanse president Donald Trump gesê toe hy ná drie aande uit die hospitaal ontslaan is en teruggekeer het na die Withuis om daar verder aan te sterk.

Trump is uit ʼn weermaghospitaal ontslaan waar hy Covid-19-behandeling ontvang het nadat hy en sy vrou, Melania, Vrydag positief getoets is vir die virussiekte.

CNN berig dat Sean P Conley, Trump se dokter, gesê het die president sterk goed tuis aan. ʼn Span dokters het hom Dinsdag onder oë gehad.

“Sy lewenstekens is stabiel en ʼn suurstofversadigingsvlak van 95-97% is aangeteken,” het Conley gesê.

ʼn Video op BBC wys hoe Trump met sy terugkoms by die Withuis op die balkon gaan staan en sy masker afhaal terwyl foto’s van hom geneem word. Hy het ook ʼn militêre saluut gegee en sy duim in die lug gehou.

Hy sit sy mediese behandeling nou tuis voort. Volgens sy span dokters is hy egter nog nie heeltemal buite gevaar nie.

Die Washington Post berig mediese kenners is bekommerd oor die Withuis-personeel én Trump se eie gesondheid.

CNN berig die Withuis-personeel het gesê hulle voel senuweeagtig en bekommerd oor hul eie veiligheid en welstand. Dié kommer het toegeneem met Trump se terugkeer.

Talle van Trump se personeellede en medewerkers het ook die afgelope paar dae positief vir die virus getoets en die aantal lede in die Withuis is dun gesaai.

Volgens BBC is daar steeds talle vrae oor die erns van Trump se siekte ná ʼn naweek van teenstrydige uitsprake.

Met sy eerste oggend terug in die Withuis het Trump op Twitter Covid-19 met griep vergelyk.

“Die griepseisoen is op pad!” het hy geskryf. “Gaan ons ons land sluit? Nee, ons het geleer om daarmee saam te leef, net soos ons met Covid-19 moet leer saamleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kattebol ·

Sterkte Donald. Jy moet gesond word, Amerika het jou nodig en so die res van die wêreld ook.

saggiespraat ·

Ek is 100% saam met Trump…
YOU SHOW THE WORLD TRUMP, DONT STOP SAING YOUR SAY

Moedeloos ·

Daar word op media so bohaai gemaak oor sy masker wat hy afgehaal het op die balkon. Ek sou dit ook gedoen het. Hy was alleen dit is sy eie huis hoekom moes hy die maskes aanhou. Dit is regtig vir my pateties dat die media so te kere gaan hieroor.

Kobus ·

Hy was alleen in sy “eie huis” verwys jy na die White House waar bykans 400 mense werk en 24 gevalle van covid die afgelope week gerapporteer is. Dink sy huis is bietjie groter as joune.

Gert Johannes ·

CNN en die hele massa media stel Trump altyd sleg voor, nooit ‘n goeie foto of woord nie, wat skuil daar agter, die New Marksiste en Liberaliste??@@ Sterkte Trump die Christendom is agter jou en bid vir jou.

agnes ·

Ons hou van Trump en ons weet BBC stuur gedurig valse nuus (fake news) en die democrate haat Trump. Kyk liewer na Foxnews en sy boodskappe.

Human ·

Don the Con! Die nuutste akteur in die opvolg van die “Death Wish” flieks, maar hierdie keer is dit werklik en mense naby hom kan ernstig siek word of self sterf en hy verkondig, dat hy die ridder op die wit perd is. Die ergoïst het klontjies van al die coke snuif en sy kop het finaal uitgehaak.

koos10 ·

Mense steun hom in SA want hulle het gedink hy sal hier help. Wat het hy al vir SA gedoen? Hy baklei vir sy eie oorlewing, en is ‘n tipiese politikus. Hy ontduik belasting, so ook het Zuma. Hy volg nie sy eie voorskrifte nie, so ook CR. Hy maak beloftes wat hy nie hou nie en dan kry alles behalwe hy die skuld, net soos ………..
Mense maak oop julle oë, geen politikus gaan in SA help nie. Ons moet aanhou bid!

Gert Johannes ·

Arme Koos, so ver ek weet is Trump die enigste politikus wat met sy eie geld president geword het en nog nooit ‘n sent van sy salaris as president geneem het nie. As daar iemand is wat beter weet laat ons asb weet. Koos, niemand gaan jou help nie, DROME WERK NIE , TENSY JY WERK” Daar is niemand so blind en doof as hy wat nie wil sien of hoor nie. Jes52:1

petro ·

Sou daar plaasmoorde gewees het as hy hier President was? NEE!!!!

JBN ·

Trump is n ysterman. Indien dit ‘sleepy’ Joe Biden was wat siek was, het hy nou nog steeds pote in die lug gelê.

andre ·

Trump wys mense hoe jy die Corona Virus Disease 2019 ,wat in China ontstaan het hanteer !
Wat goed is vir Amerika is goed vir die werkers van die wereld.

Kobus ·

Ja Andre, dis voorwaar n rolmodel vir die res van die wereld- gaan kyk bietjie wat die sterftes en infeksies is daar. Elke persoon word met private helokopters op dag 2 van die infeksie na die voorste hospitaal gevlieg, kry hul eie span van beste dokters en medikasie wat nog nie eers beskikbaar is vir die gewone publiek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.