Trump, sy vrou toets positief vir Covid-19

Pres. Donald Trump en sy vrou Melania. (Foto: AP Photo/Evan Vucci)

Pres. Donald Trump en sy vrou, Melania, het positief vir Covid-19 getoets.

Trump (74) het die nuus op Twitter bekend gemaak en gesê hy en die presidentsvrou sal onmiddellik met hul “kwarantyn- en herstelproses begin”.

Dit volg nadat die Trumps vroeër met selfisolasie begin het nadat een van die president se raadgewers positief vir die virus getoets het.

Volgens Trump het hy die afgelope week baie tyd saam met Hope Hicks, een van sy vertrouelinge met die langste dienstydperk, deurgebring. Hicks het matige simptome begin ervaar tydens ʼn vlug waarop hulle van ʼn verkiesingsbyeenkoms in Minnesota af teruggekeer het.

Hicks is van die ander passasiers geïsoleer en haar diagnose is Donderdag bevestig. Hicks, wat as raadgewer van die president dien, het hom en ander senior personeel ook Dinsdag na die eerste presidensiële debat in Cleveland vergesel. Sy was saam met hom op Marine One, die presidensiële helikopter, asook op Air Force One.

Dit is in dié stadium nie duidelik of al Trump se afsprake en verpligtinge vir die volgende paar weke al gekanselleer is en watter invloed dit op sy verkiesingsveldtog kan hê nie.

Amerika het meer as 7,2 miljoen Covid-19-gevalle en meer as 200 000 sterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

adriaan isak ·

Om pos te toets is nie dieselfde as om siek te wees nie.

Sage ·

Hulle is in ons gebede. Mag Jesus hulle toevou in Sy kosbare bloed.

A ·

Ek kry enige iemand jammer wat die virus kry. Veral hoë risiko mense wat oorgewig en oud is.

Maar dit is moeilik om simpatie te hê as jy moedswillig was.

Dit is dieselfde persoon:
wat groot byeenkomste gereël het;
teen maskers was;
was teen toetse, want toetse bevestig positiewe gevalle;
wat die gevaarlike HCQ medikasie bevorder het;
wat voorgestel het mens kan met bleikmiddel behandel word;
wat teen sy land se beste dokter gedraai het, want mense het meer respek vir Fauci gehad as vir hom.

Dit, terwel hy Biden gekritiseer het dat hy n masker dra en klein byeenkomste gehou het.

Gedagtes en gebede kan net soveel doen. Daar kom ‘n punt waar jy ook persoonlike verantwoordelik moet neem.

Piet ·

Persoonlike verantwoordelikheid is nie iets wat hy ooit sal doen nie. Hy het nie ‘n gewete of enige introspeksie nie

André ·

“was teen maskers, was teen toetse”….waar kry jy jou inligting? Ek volg die verkiesing deeglik, en ek kan jou verseker jou feite is verkeerd.
Van my eie familie het ook gedink die virus is ‘n grap en het alles geïgnoreer totdat hulle dit self gekry het….moet ek nou vir hulle gaan sê ek het geen simpatie nie want hulle verdien dit? Nee man. As hy doodgaan hiervan gaan jy nog ‘n brief skryf om ons te vertel hoe hy dit verdien het?

A ·

> Teen maskers
“I wear a mask when needed… I don’t wear masks like him. Every time you see him, he’s got a mask. He could be speaking 200 feet away and he shows up with the biggest mask I’ve ever seen.” – letterlik eergister.

> Teen toetse
“Cases are going up in the U.S. because we are testing far more than any other country, and ever expanding. With smaller testing we would show fewer cases!”

En “If we stopped testing right now, we’d have very few cases, if any.”

“… om ons te vertel hoe hy dit verdien het?”
Ek is nie jou strooiman nie. Moenie aanname van my maak nie.

Suzanne ·

Soos wat ek dit verstaan was hy nie teen maskers of toetse nie?

1. ” I wear a mask when needed” hy is nie teen maskers nie, maar dra dit nie heeltyd nie. Ek haal ook my masker af wanneer ek alleen in my kantoor is, ek sit slegs my masker aan wanneer iemand in my kantoor inkom. En kom ons wees
nou eerlik meeste van ons loop met die maskers onder ons ken of so dat dit net die mond toemaak.

2. Hy het bloot verduidelik hoekom Amerika se gevalle so hoog is teen ander lande. Hulle toets baie meer as ander lande so natuurlik gaan hulle meer gevalle hê. As hulle minder toets soos van die ander lande dan gaan hulle gevalle minder wees.

A ·

1. Daar is soveel inligting dat hy nooit entoesiasties was oor maskers nie. So doen jou werk, Trompoppie, en verklaar hierdie boodskap:

The C.D.C. is advising the use of nonmedical cloth face covering as an additional voluntary public health measure. So it’s voluntary. You don’t have to do it. They suggested for a period of time, but this is voluntary. I don’t think I’m going to be doing it.”

Daar is tonne ander voorbeelde, sodra jy klaar is met die een, staan die ander reg om copy/paste te word.

2. Dis ‘n patetiese verskoning.

Piet ·

A, ek het al gevind dit is hopeloos om met sy aanhangers te redeneer. Jy kan sy eie woorde vir hulle op video terug speel en dit dring net nie deur nie. Hulle doen wat die engelsman noem “mental gymnastics” om alle kritiek van hom weg te praat. Hy kan net niks verdeerd doen die man nie.

Dries ·

90% van wat jy hier sê het jy gelees CNN. Moet tog nie als glo nie A

Robert ·

A Karen… ja well no fine as jy daai bleikmiddel storie glo…

Chris ·

Dit sal interresant wees wat die liberales en hul spreekbuis CNN daaroor sal kwytraak. Ek kan my indink, “I told you so” sal hulle seker uitbasuin. Dit is vir my verbasend hoe kleinlik en pateties die lot aangaan oor beuselagtighede en snert, Hulle (CNN) kan darem aanhou en aanhou kerm en kla oor snert. Die Amerikaanse punbliek sluk dit ook hoek lyn e sinker.

Human ·

Is dit dan nie die man wat gesê het die virus gaan gou verdwyn en wat van ‘n inspuiting met skoonmaak middels, volgens sy aanbeveling.

koos10 ·

Human, dit was nie sy aanbeveling nie, net ‘n vraag wat hy gevra het. Hy het wel malaria medisyne gebruik, wat volgens hom werk. Duidelik werk dit toe nou nie.

Piet ·

Hy het dit vaagweg aangedui, daar is iemand inteendeel dood want hulle het dit ingespuit. Dis die ding met Trump, hy is so vaag in meeste van die goed wat hy kwyt raak dat jy dit kan interpreteer soos jy wil. Vir iemand wat homself voorhou as die politiese buitestaander klink hy darem maar vreeslik soos ‘n gewone politikus

Human ·

Dan is dit nou die ideale oomblik vir hom, om sy vraag te toets, soos van sy volgelinge gedoen het en waarvan sommiges, by die dood omgedraai het en ander dood is.

André ·

Die virus maak mense dood, nie Trump nie. As iemand siek is besluit ‘n dokter hoe jy behandel moet word….die dokter bel nie vir Trump en vra wat hy moet doen nie. Trump kan net voorstelle uiteensit soos aanbeveel deur die mediese raad. Almal was dom aan die begin….ALMAL! Ten minste het hy die grense toe gemaak en soos hulle wys geraak het die regte dinge in plek gesit. Jou Biden wou die grense oophou, maar dan weer almal by die huis hou….hoe onnosel kan een mens wees. Die sterf syfer sou miljoene gewees het as daai fossiel aan beheer was.

Human ·

Daar is `n ou gesegde in afrikaans “slim vang sy baas” en “your chickens have come home to roost”

A ·

“Ek het nie verwag dat die luiperds sou MY gesig eet nie!” snak vrou wat vir die luiperds-gaan-jou-gesig-eet party gestem het.

Niklaas ·

Sy amp skep risiko situasies. Hy is deurgans omring deur ander mense.

Aai ·

Al wat ons weet het die Chinese gewag vir die dag.Word gou gesond.

Piet ·

Wonder of hy berou het dat hy dit vir maande “Kung Flu” genoem het. Seker nie, hy berou niks.

Erik ·

Wonder of hy aangekla gaan word vir poging tot moord? Hy moes positief gewees het voor die uitslag van sy toets en dra mos nie graag ‘n masker nie. Dis amper soos om HIV positief te wees en sonder beskerming omgang te hê.

Robert ·

Ons vertrou hulle herstel, soos 99.99% van die ander wat dit gekry het.

Dries ·

Nou spring die aarts liberaliste weer op en af. Volgens hulle is Pres Trump oorgewig.. Kan jy glo tot watter uiterstes kan hulle gaan

Human ·

Macho man Trump! Dis ‘n bitter pil vir die juigkommando om te sluk, veral as hul held(sic), die taaiste en slimste man op aarde is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.