Trump ‘teleurgesteld’ oor missielaktiwiteite in Noord-Korea

Die satellietbeeld wat deur DigitalGlobe voorsien is, is op 2 Maart 2019 vasgevang. Dit toon die lanseringstoring by die Sohae-vuurpyllanseringsperseel in Tongchang-ri, Noord-Korea. (DigitalGlobe, ‘n Maxar-maatskappy, via AP)

Pres. Donald Trump van die VSA sê hy is “ʼn bietjie teleurgesteld” oor berigte van nuwe aktiwiteit by ʼn Noord-Koreaanse missielnavorsingsentrum en ʼn langafstandvuurpyl-lanseerterrein en dat slegs tyd sal leer of die VSA se diplomasie met dié afgesonderde land suksesvol sal wees.

Dit kom nadat satellietbeelde van ʼn fasiliteit naby Pjongjang getoon het Noord-Korea mag dalk besig wees met voorbereiding vir die lansering van ʼn missiel of ʼn satelliet.

Suid-Korea se weermag sê hy monitor Noord-Korea se kernwapen- en missielfasiliteit noukeurig nadat die land se spioenagentskap wetgewers verwittig het van die hernude aktiwiteit by ʼn navorsingsentrum wat vermoedelik langafstandmissiele bou om die Amerikaanse vasteland te teiken.

Choi Hyun-soo, woordvoerder van die departement van verdediging, sê die Amerikaanse en Suid-Koreaanse weermagte deel inligting oor verwikkelinge by die Noorde se missielnavorsingsentrum in Sanumdong aan die buitewyke van Pjongjang. Sy het nie uitgebrei oor presies wat hierdie verwikkelinge is nie.

Trump het intussen aan verslaggewers by die Withuis gesê hy is “ʼn bietjie teleurgesteld” oor hierdie nuus. Hy meen dit sal eers later duidelik word of die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, bereid gaan wees om sy strewe na kernwapens op te gee in ruil vir die opheffing van sanksies wat sy land se ekonomie pootjie. “Ons sal julle so binne ʼn jaar laat weet ,” het Trump gesê.

Die satellietbeeld wat deur DigitalGlobe voorsien is, is op 2 Maart 2019 vasgevang. Dit toon die missieltoetsstaander by die Sohae-vuurpyllanseringsperseel in Tongchang-ri, Noord-Korea. (DigitalGlobe, ‘n Maxar-maatskappy, via AP)

ʼn Senior Amerikaanse regeringsbeampte het later aan verslaggewers gesê ondanks die mislukking om tot ʼn ooreenkoms te kom in Trump en Kim se onlangse beraad in Hanoi rakende die staking van kernwapennavorsing, glo die Trump-administrasie steeds dat die twee lande ʼn ooreenkoms kan bereik voordat Trump se presidentstermyn tot ʼn einde kom. Die beampte het gesê dit is belangrik dat daar vinnig vordering gemaak word, maar die doelwit is “haalbaar” teen Januarie 2021.

Die beampte sê die VSA probeer steeds vasstel wat presies Noord-Korea besig is om te beplan met die onlangse aktiwiteit, maar dat die administrasie duidelikheid sal versoek van Noord-Korea asook by intelligensieanaliste. Die beampte sê Trump se administrasie stem nie noodwendig saam dat die nuwe aktiwiteit ʼn teken is van Noord-Korea se woede ná afloop van die Hanoi-ontmoeting nie.

Die beampte was nie gemagtig om te praat oor die staat se onderhandelinge met Noord-Korea nie en het daarom op voorwaarde van anonimiteit gepraat.

Trump het Woensdag gesê sy verhouding met Kim is steeds “goed” ten spyte daarvan dat hy die hoëprofielvergadering in Viëtnam verlaat het. Hy sê Noord-Korea se toegewings oor sy kernwapenprogram was nie genoeg om die opheffing van sanksies te regverdig nie.

Pres. Donald Trump op 6 Maart 2019 by die Withuis in Washington. (Foto: Jacquelyn Martin/AP)

Trump het tot op hede verkies om direk met Kim in gesprek te tree, maar die volgende fase van onderhandelinge sal waarskynlik op laer vlakke geskied. Trump se gesant na Noord-Korea, Steve Biegun, het Woensdag met sy eweknieë in Japan en Suid-Korea vergader. Die Suid-Koreane het voorgestel dat die land deel vorm van semi-amptelike drierigtinggesprekke met die VSA en Noord-Korea om die kernwapenonderhandelinge weer aan die gang te kry.

Suh Hoon, direkteur van Suid-Korea se nasionale intelligensiediens, het aan die land se wetgewers in Seoel gesê dat Noord-Korea nou weer fasiliteite by ʼn vuurpyllanseringperseel opbou wat hy verlede jaar as ʼn teken van welwillendheid afgebreek het.

Intussen het 38 North, ʼn webtuiste wat spesialiseer in Noord-Koreaanse sake, gesê die satellietbeelde dui daarop dat die herbouings tussen 16 Februarie en 2 Maart begin het. Die Center for Strategic and International Studies in Washington sê weer op sy beurt die satellietbeelde toon Noord-Korea “is besig met ʼn dringende herbou” van die Sohae-vuurpyllanseringsperseel.

Sommige analiste meen die nuwe aktiwiteit is ʼn teken dat Kim gereedmaak om nog toetse uit te voer, maar ander dink hy gee bloot sy teleurstelling weer dat daar nie ʼn ooreenkoms op die beraad bereik is nie.

Die satellietbeeld wat deur DigitalGlobe voorsien is, is op 22 Februarie 2019 vasgevang. Dit toon die Sanumdong-navorsingsentrum aan die buitewyke van Pjongjang in Noord-Korea. (DigitalGlobe, ‘n Maxar-maatskappy, via AP)

Trump het verder tot die verwarring bygedra deur te sê sy administrasie was betrokke by die openbaarmaking van die verslag oor Sohae. “Dit is ʼn baie vroeë verslag. Ons is die mense wat dit daar buite gesit het,” het Trump gesê sonder om verder uit te brei.

Joel Wit, ʼn Noord-Koreaanse deskundige wat in die middel 1990’s gehelp het om met Noord-Korea te onderhandel, sê die nuwe bedrywighede by Sohae is Kim se manier om te wys dat hy nou ongeduldig raak met die gebrek aan vordering in die onderhandelinge. “Ons sal moet wag en kyk wat volgende gebeur. Die lanseringsfasiliteit is voorheen gebruik om satelliete die ruimte in te stuur. Die probleem is, sommige van die tegnologie is dieselfde.”

Hy meen daar is nie bewyse dat die werk by die perseel daarop dui dat Kim besig is om voor te berei vir die lansering van nog ʼn interkontinentale missiel nie.

Trump en Kim, wat ook verlede jaar in Singapoer vergader het, het nog geen woord gerep oor die moontlikheid van ʼn derde beraad nie. Op die oomblik word die gesprekke deur hul ondergeskiktes gevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries du Toit ·

Pres Trump gaan hierdie skaakspel wen. Daai mannetjie weet dat hy uiteindelik sal moet opgee terwille van sy volk. Hy weet hy speel met vuur

willem Botha ·

Ek stem saam Presedent Trump is huidiglik die beste leier in die wêreld die koreaan gaan tweede kom.

John ·

Kim (wat vreemd gedope voorkom) het met Trump gespeel. Hy is ‘n godjie in sy eie en die volk se oè en nie ‘n gewone leier wat kan doen wat hy wil nie. Daar staan massiewe beelde van sy voorvaders waar die volk bid en blomme plaas. Die voorgeslagte verskyn glo volgens die geloof in dierevorms. Dis ‘n gevaarlike nes en dit is nie Kim wat sy volk so betower nie, dit is ‘n regime wat hom beheer. Hy het alleen kom onderhandel maar met ‘n opdrag om te kry wat hulle soek. Ons vergeet dit en glo Trump het drooggemaak. Sy broer is onlangs wreed vermoor omdat hy met die buiteland geheul het. Diè mense speel met vuurhoutjies. Trump weet hul wil bloot die sanksies gelig hè.

zoom zoom ·

So gou as wat die VSA instem om ‘n McDonald takeaway oop Te maak in Noord-Korea so gou sal die dinge stop. Eant dan het die mensr in M-Korea iets anderste om te doen as om misille te bou.

Ampie ·

Regtig. Donald Trump die beste? Ek gaan nie eers antw daarop. Is jul almal breindood of lees jul net Nie?

Annie Webb ·

Lees ons nie wat nie Ampie? Ek kom kyk spesiaal die kommentare by enigiets oor Trump om te sien watter “conspiracy theories” Jerry en Ronnie vir ons opdis. Vertel jy ons nou iets nuuts waaroor ons kan lag. Hierdie lang artikel van ANA-AP was nou so niksseggend dit was tydmors om te lees. Iemand het ‘n foto geneem van iets in NoKo en nou raai almal wat dit dalk kan wees. Asof Kim iets gaan afskiet terwyl hy baie goed weet die VSA gaan terugskiet.

Cherokee ·

Hoekom antwoord jy deur te sê jy gaan ‘nie eens antwoord daarop nie’? Dìt alleen bewys jou tipe redenasie.

HPV ·

Toe ampie doen vir ons asseblief ‘n vergelyking tussen die Amerikaanse regering en die anc regime.

Gert van Wierdapark ·

Ek verneem Kim speel graag “Poker”. Hy reken hy sit met ‘n “Trump” in sy hand, maar dalk is dit’ n “Joker’

Hendrik ·

Trump se mislukkings gaan hom inhaal:
Jan Alleman sien die ryk maatskappye kry die meeste beladtingkortings
Trump het Obamacare verswak sonder n alternatief
In stede daarvan dat Meksiko vir die muur betaal, sal hy nou die afkeur van noodtoestand in die senaat moet veto om dit gefinansier te kry
Sy sondes met slegte vrouens word nou deur dokumentasie bewys
VSA boere leef swaar omdat hulle nie hulle sojabone aan Sjina kan verkoop nie
Net stoksinnige Amerikaners sal vir hom bly stem. Ek sal nie verbaas wees as die Republikeine n meer geskikte presidentskandidaat vir 2020 stoot nie.

Martin ·

Wonder maar net, VSA wil al die ander lande verhoed om kernwapens te vervaardig maar hulle self doen dit. Hoekom??

Marius van Australie ·

“Porkie” is besig om met Trump te speel en wel vir tyd. Hy weet die moontlikheid dat Trump uitgestem kan word deur die Demokrate is baie hoog en daarom juis is dit ongehoord dat ‘n Noord-Koreaanse leier daartoe ingestem het om in Vietnam ‘n 2e rondte samesprekings te gehad het. Op sy agenda was die strenge sanksies en nie missiele nie, wat wel op Trump se agenda was. In geval van ernstige konflik, want die moontlikheid kan ook bestaan dat in die geval dat NK tydens ‘n missiellansering, ‘n berekenings fout begaan of van hul missiele defektief in Japan neerstort of op Suid-Koreaanse grondgebied, dit nie noodwendig deur die twee lande in daardie lig gesien sal word nie. SK sal NK bombardeer uit weerwraak uit, dit is ‘n gegewe feit. Japan is besig om self hipersoniese missiele te ontwikkel en besit baie beslis die vermoe om NK aan te val. Dit op sigself sal lei dat ‘n baie ernstige konfrontasie, want onmiddelik is al drie supermoondhede direk of indirek hierby betrokke, Rusland want dit is in sy agterjaart, China want dit is in onmiddelike invloedsfeer direke langs hom en Amerika wat ten alle koste wel sy invloedsfeer en twee baie belangrike vennote in SK en Japan het. Kom ons hoop dat koel koppe en rasionele besluitneming die dag sal wen. Beide SK en Japan kan wel ook NK se missiele oor hul gebied afskiet!

Ronnie ·

Dit gaan maar so as ‘n mens verlief is. Almal kan jou waarsku teen die verhouding maar hoor is min. Trump is verlief op Kim sê hy en Kim skryf vir hom hierdie ongelooflike mooi briewe…. Nou is hy bietjie teleurgestel maar moenie bekommer nie gee tyd tot Januarie 2021. Hy sal dit uitsorteer eerste dag van sy tweede termyn. Believe me!
Hy kan nie noú aandag gee aan Kim nie hy het sy hande vol met die horde onthullings oa oor Javanka se onreëlmatige sekuriteitsklarings. Die bom oor VSA geheime wat Kushner baie waarskynlik verklap vir $ om sy skuld op 666 te betaal gaan verseker bars en Trump weet dit. Hy snuif nie, dis kruitdampe wat hy ruik. Dan nog inligting wat verskeie mense aan die kongres moet oorhandig en wat gaan sy ou “partner in crime” Felix Sater kwytraak. Oeps! Uitgestel! Maar soos met Cohen lyk die Dems (sover) nie ontsteld nie.
Nou val Betsy deVos se boetie Erik Prince ook oor sy eie voete en loop staan vertel op Aljazeera hy hét vir die kongreslede gesê van sy rol in die Trump Tower vergadering. As hulle dit ontken het die transkribeerder ‘n fout gemaak.
Die ding met Fox en Trump het nou gemaak dat hy Bill Shine, by die agterdeur moes uitstoot. Ai. Dis nie net die Dems en die “ver linkse radikale” nie, “Wacky Nut Job” Ann Coulter maak sy lewe ook moeilik. Hoe moet hy nou konsentreer op Kim en sy “nuclear button”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.