Trump uitgelag oor uitlatings oor die maan en Mars

Amerikaanse president Donald Trump. (Foto: File Photo/IANS)

Die Amerikaanse president Donald Trump het sosialemediagebruikers verstom met sy kennis van die ruimte en is uitgelag toe hy aangevoer het die maan is deel van Mars.

Trump het Vrydag op Twitter gesê: “Vir al die geld wat ons spandeer, moet Nasa nie sê dat hulle maan toe wil gaan nie – ons het dit 50 jaar gelede gedoen. Hulle moet fokus op die groter dinge wat ons doen, insluitend Mars (waarvan die maan ʼn deel is), verdediging en wetenskap.”

Trump se uitlatings volg ʼn dag ná Nasa-administrateur Jim Bridenstine aan USA Today gesê het Amerikaanse ruimtevaarders sal nie teen 2024 na die maan kan terugkeer nie tensy die regering se versoek om die begroting met $1,6 miljard te vergroot, nie deur die Amerikaanse kongres goedgekeur word nie.

Ná Trump se plasing op Twitter het mense wêreldwyd hom uitgelag. “Trump se kennis oor die saak is een klein tree vir die mens, een groot sprong agtertoe vir die mensdom,” het Jeremy Newberger, ʼn Emmy-genomineerde filmvervaadiger, gesê.

Trump het vroeër in Mei erken dat hy Twitter as ʼn “tikmasjien” gebruik en hy is berug dat hy die platform gebruik vir omstrede uitlatings en oorlogsdreigemente.

Mars het twee mane – Phobos en Deimos – maar die maan, wat om die aarde wentel, is nie deel van die rooi planeet nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

John ·

Trump het heel moontlik verwys na Nasa se totale projek tov van die Maan en Mars en die beplande landings. Natuurlik kan enigeen hom verspreek maar nie Trump nie. Megan sè hom sleg en dan word sy woorde verdraai. Laat almal maar wag totdat Trump geskiedenis is, dan sal sy afwesigheid hare laat rys. Die fopnuus-veldtog teen die man gaan die wèreld duur te staan kom.

LiberalePikkewyne ·

Toemaar Trump. Ons verstaan die inquisition gemik op jou. Die inquisition is selfs hier hard aan die werk om stemme stil te maak. Hulle vat jou statement en maak dit eenvoudig soos hulle is. Ons verstaan dat die maan en mars deel is van die ruimte en dat die verkenning van die ruimte NASA se beleid is, nie net die maan nie. Vat nie ‘n asemrowende IK om dit te ontleed nie.

PaulV ·

Presies Johan & Pikkewyn, dit is hoe ek dit verstaan het toe ek dit nou gelees het. Régtig mense, ek kan nie glo sommige van julle dink Trump glo die maan is deel van Mars nie. Hy is nie ‘n aap nie, hy is intelligente man.

koos ·

Ek weet dat ons nie kan sê wat hy bedoel het nie, maar kon hy na ons sterrestelsel verwys het, waarvan die aarde ook deel is?

Liena ·

Ek stem 100 persent saam, ek het dit van meet af so verstaan. Dit is die res wat nie mooi kan lees nie en dan belaglike afleidings maak. Abraham Lincoln was ewe ongewild maar vandag word hy vereer.

Johan ·

Liena, die vyande van Trump verdraai dit om hul agenda te pas en ongelukkig is daar mense wat dit glo.

Tobie Klarens ·

Dit lyk vir my of Maroela media ook by die breer fopnuus veldtog teen Trump ingeval. Glo julle werklik hierdie absolute snert? Wie is julle bron?

Sune van Heerden ·

Dagsê Tobie

Die plasing is op pres. Trump se persoonlike profiel, wat amptelik uitgeken word, gedoen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hendrik ferreira ·

Hy verwys na die nasa program oor mars en verwys dan na die maan as deel van die program net n idioot sal lag ek verstaan presies wat hy sê.

corne ·

Hy heelmoondlik homself weerspreuk met die min tik geleenthied per tweet. Een vraag die wat hom so uitlag wat het hulle al bereik?????

JWC ·

Ag… weer fake news!! Enige regdenkende mens verstaan presies wat Trump gesê het…. Kom, spits jul aandag toe op wat ons president sê vir ‘n verandering…. dit mag julle dalk wakker laat skrik!

Ian ·

Hy het bedoel – Mars (Mission) waarvan die Maan (Mission) deel is. mission / projek. Die man is slimmer as meeste mense wat Maroela Media lees. En Maroela Media lesers is slimmer as meeste Suid Afrikaners. Fopnuus ek sê.

Piesang ·

Hy ken dalk nie die ruimte so lekker nie, maar weet van mure! Go Donald!

Nie geweet ·

Nie geweet Trump het soveel aanhangers onder die Afrikaners nie! Bly maar vir my ‘n vreemde knaap…

Rupert Ashford ·

Nie noodwendig Trump aanhangers nie, maar hier is ‘n baie groter storie wat hom tans afspeel waarvan Trump maar ‘n klein deel is. Hy en ander maak egter dat ander partye se ware kleure al meer uitkom.

Arrie ·

Daar is darem nog baie goed ingeligte mense in SA wat nie die fake media teen Trump glo nie.

Dries du Toit ·

NIE GEWEET. Jy is reg ou maat vreemd sal hy seker vir sekere mense wees. In SA en menige ander lande het ons presidente en politici wat n land met opset in die grond in bestuur. Dit is vreemd dat n President van n land wat in alle sphere van die lewe n helse sukses maak deur al die kritici wat tevrede is met hulle eie slegte bestaan, hom vervloek en probeer verneder

S ·

Nie geweet en Human. Mnr Trump het meer inbors, integriteit, manhaftigheid, leierskap, patriotskap, besigheidssin en intelligensie as al die mense saam wat hom afkraak en teenstaan. Dit verg o.a. waagmoed, ‘guts’ en deursettingsvermoë om teen konstante, onregverdige en afseidige teenkanting op te staan. Kyk hoe gaan dit hier in Suid Afrika, ek wens iemand soos hy was ons President, dink net hoeveel beter ons lewensstandaarde asook lewensverwagtinge sou gewees het.

Sarie ·

Die Amerikaners hou nie van Trump omdat hy die waarheid praat. Hulle het alles probeer om hom te verneder. Al is ek nie ‘n Amerikaner nie, het ek baie respek vir die man. Ek weet ek sal nooit daar kan gaan bly nie, maar ek mag seker maar droom.

Dries du Toit ·

Die mense wat nie besef dat hierdie duiwelse aanslae teen Pres. Trump ons ook daagliks tref nie leef in lalla land. Ons wag in spanning weer dat Rhoda Kadalie weer vir ons met die ware feite sal inlig binnekort

Johan ·

Hierdie man bly maar te slim vir julle almal. Hy lag vir almal wat vir hom lag. Hy is suksesvol , is jy ?

sweis ·

Nee Human jy verwys nou na jou pres toe hy gevra is na plaasmoorde in Suid afrika

Hans, ·

Elke persoon het die reg om sy eie naam met n plank te slaan

Dries du Toit ·

Human Is jy bewus van die feit dat Trump die president van Amerika is. Sederdien het als in Amerika met rasse skrede verbeter. Ons noem dit n sukses storie. Noem jy SA n sukses storie ?????

Sharon ·

America is nog staande met hom aan die stuur…. Kan ons dieselfde sê? Selfs Trump het blonde oomblikke… Gun hom dit

sweis ·

Ek verstaan hoekom party mense nie kan sien dat Presedent Trump die beste leier in die wêreld is nie ,vat nou maar suid afrikaanse minderhede hulle stem meestal vir die DA n party wat teen hulle diskrimineer op alle vlakke so ek kan verstaan dat hierdie leierlose mense nie meer iets goed waardeer as hulle dit sien nie.

Anet ·

anni Dit is daardie grys material tussen sy ore wat tel, nie sy kapsel nie. Ons leiers is totaal en al bles. En kyk hoe lyk ons land vandag!

Dries du Toit ·

Jy is reg Anet. Persoonlike aanvalle getuig nie net van swak smaak nie maar së baie van die grys stof tussen die ore. Trump se hare gaan nog n modegier word. Watch this space

Dennis ·

Toe ek sy tweet lees, het ek dit intrepeteer dat hy bedoel Nasa se strategie moet nie wees om maan toe te gaan nie, dit moet groter wees soos om mars toe te gaan maar die strategie moet die maan insluit. Maar weereens het die Amerikaanse publiek bewys hoe onosel hulle nou eintlik is, om nie eers te praat van hoe hulle afsku in Trump hulle lae intelligensie verder verlaag nie.

Sarel ·

Mnr Trump, gaan voort met jou beleid, min mense het blykbaar vandag meer die insig om n halwe woord begryper te wees. Insig is nie iets wat n mens maar net het nie, jy het kennis en wysheid daarvoor nodig. Breek die beginsel van wereld magte te vereenig en bly jou land se belange voorop stel. Natuurlik Gaan jy baie vyande maak, dit egter is jou waarborg dat jy op die regte pad is. Jy is besig om die eliminatie se planne lekker deurmekaar te krap. Doen so voort.

Christiaan ·

Dennis, moet nie al die Amerikaners oor dieselfde kame skeer nie, boet! As al die Amerikaners “onnosel” was, soos jy sê, sou dit nooit die magste land op die planeet gewees het nie! Die “onnosel” Amerikaners is die ver linkse liberale wat Amerika wil sien verloor. Gelukkig is hulle in die ver minderheid. Jy sal ook verbaas wees hoeveel Amerikaners, vandag , Pres. Trump steun maar niks sê nie. As ek, as ‘n simpel man, vir jou kan sê is, is dat Trump maklin in 2020 gaan wen. Op hierdie stadium kan reeds 4 liberale state omswaai en vir Trump steun. New Mexico, Colorado, New Hampshire en Minnesota.

Human ·

Die verskil tussen Trump en Ramaphosa is net die velkleur, altwee is besig om hulle volgelinge `n rat voor die oë te draai.

Stem ·

Dankie, Human, ek lees jou graag.
Ons moet net onthou hy is deur Hill Billies ingestem en hy moet op hulle vlak praat en bly.

Braam Maree ·

Ek vind dit eienaardig dat die Pers so alles in hulle vermoë probeer om Donald Trump soos n gek te laat lyk en voorkom maar sy bankbalans en vermoeë om te regeer bewys die teenoorgestelde.

Anne ·

En hoeveel keer het hy belasting ontduik om te wees waar hy is? Kry julle feite reg. Hy is niemand se saviour nie. Die ou kom maar baie narcissisties oor. Myns insiens geen verskil tussen hom en CR nie.

madels ·

Ag tog dink hul nou werklik Trump is so dom! Nou lag ek te lekker vir al die idiote

Adam ·

Niemand is net goed of net sleg nie. Trump doen vir deker goed op verkeie terreine vir die VSA, maar hy is en sal nooit ‘n top-staatsman wees nie, net soos sy politieke kennis op sommige gebeide ver te kort skiet. Die slaafse bewondering, veral deur vroue, vir hom deur Afriakners val vreemd op. Sal jy iemand na jou huis nooi wat uitlatings maak soos :grab them by the @#$%$, taamlike groot vyandskap met die waarheid het, met prostitute assosieer en dan hulle stilte koop deur derde partye wat later vir die wolwe gegooi raak, bedenklike sakepraktyke toepas ens?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.