‘Trump van die Trope’ loop voor in Brasilië

Die verregse Jair Bolsonaro word as die “Trump van die Trope” beskryf. Foto: Facebook

Brasilië se mees verdelende presidensiële voorverkiesing het Sondagoggend begin met kenners wat dit eens was: die wêreld se vierde grootste demokrasie kan ver na regs swaai.

Die stembusse het om 08:00 plaaslike tyd (13:00 SA tyd) geopen om die land se 147 miljoen kiesers kans te gee om te kies tussen die gewese leërkaptein Jair Bolsonaro en sy linksgesinde teenstander, Fernando Haddad, ʼn gewese burgemeester van Sao Paolo, berig Deutsche Welle.

Volgens peilings kan Bolsonaro 55% van die stemme op hom verenig vergeleke met Haddad se 45.

Bolsonaro, wat gereeld met pres. Donald Trump van Amerika vergelyk word, het groot steun verwerf deur te onderneem om die land se sukkelende ekonomie op dreef te kry en korrupsie die stryd aan te sê in ʼn land waarvan die laaste drie staatshoofde almal onder sulke aantygings deurgeloop het.

Die 63-jarige behoort aan die klein, verregse Sosiaal-Liberale Party. Sy uitlokkende stellings oor aborsie, ras, migrasie, homoseksualiteit en vuurwapenwetgewing het aan hom die bynaam “Trump van die Trope” besorg, berig die BBC.

Die hooggeregshof het ʼn klag van rassisme teen Bolsonaro verwerp, maar moet nog uitspraak lewer op ʼn aanklag van aanhitsing tot verkragting waarin hy ʼn medelid van die land se wetgewer vertel het sy is nie mooi genoeg om te verkrag nie. Hy maak die saak af as politieke vervolging, berig die Britse dagblad The Guardian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Staak saam ·

Die wereld se oë gaan oop maar in SA word die blanke liberaliste net verder verblind met goedkoop beloftes dat hulle wel n se het.

Ronéll ·

Ongeag watter party hy verteenwoordig, sy kommentaar op sommige kwessies grens aan pure haat end getuig van ASEMROWENDE kortsigtigheid. Geen nasie op aarde kan ooit verenig en saamstaan met figure wat só verdeel. Nooit.

Méér kommerwekkend is dat só person nog ‘n stewige stroom volgelinge het. Kan net jou kop on ongeloof skud.

Interessante tye…

Oljetter ·

Opmerklik hoe die vraag waarom jou liberale benadering so asemrowend gefaal het regoor die wêreld so flink geignoreer word. As jy vir n oomblik jou kop uit die sand sou haal sal jy moontlik opmerk dat die groot liberale poging die wêreld niks anders as armoede, anargisme en behoeftigheid op die hals gehaal het nie. Let gerus op dat die wêreld se liberale leiers meestal ‘n paar gemeenskaplike kenmerke openbaar. Nes die vakbondleiers wat uit liberalisme gebore is, is hulle nie bekend vir hulle hardwerkendheid nie, wil alles verniet hê en lewe in weelde wat deur ander geskep is terwyl hulle elke oomblik daarvan ‘verafsku’.

JJ ·

Verregse regerings was nog nooit goed vir minderheidsgroepe nie. Hierdie man wil byvoorbeeld grond van (inheemse) minderheidsgroepe wegvat. Klink dit bekend? Soos die Engelse dit stel: ‘Be careful what you wish for.’

Santie ·

Solank die metapolitieke pendulum aanhou regs swaai, is die saak reg. Die grypsug en korrupsie van die linkse sosialiste knak nie net hulle eie lande nie maar uiteindelik ook die kapitalistiese, voorheen vreedsame en suksesvolle lande waarheen die golf ellendelinge uit die mislukte lande voortdurend oorspoel. Hulle bring hulle kulturele onvermoëns en geneigdheid tot misdaad en geweld met hulle saam en put hulle gasheerlande se maatskaplike dienste uit. Die linkse media en liberale regerings se identiteitspolitiek beïndruk gelukkig nie meer gewone kiesers nie.

humor ·

Iemand is erg suur en haar liberale onderrok sleep op die grond.

PJC ·

Mense wêreldwyd skrik hulle boeglam wanneer hulle uitvind wat die linkse liberaliste se doen en late hulle op die einde van die dag in die sak gaan bring en dan stem hulle sommer so verregs as moontlik. Mense kom nou agter dat ver links ook uiters gevaarlik is en tot totale verval en barbarisme kan lei.

Wiehan ·

Al die jare veg ons teen die rooies maar nou is dit als goed. Ek is net by mense se of gaan oop. As sosialisties so goed was home het so ‘n groot land met al sy minerale soos Rusland dit dan gelos. O ja, hulle weet mos nie hoe om dit te laai werk nie, ons in SA weet. Ons by een van die dae in ‘n “Land van melk en heuning, Venezuela. Viva viva viva for 1000000% inflasie.

Johan ·

Ek dink die regdenkende mense reg oor die wêreld besef die oordonderende skade wat die liberale linkses aanrig en raak nou moeg daarvan.

Ben ·

Onthou julle nog VERLIG en VERKRAMP. Wie wil nou verkramp wees. Verlig klink immers soveel beter. Verder is dit ook ‘n manier van verligtes om normale mense, wat van hulle verskil, mee te diskrediteer. Ek hoor so ‘n paar dae gelede ‘n bekende ouer liberalis gebruik weer die naam. Die engelsman sê “There is no fool like an old fool”.

Blaarman ·

Maroela moet liefs wegbly van gelaaide terminologie soos “regs” en “links”… dit speel reg in die hande van die hoofstroom media se valse dilemma narratief van “links goed, regs sleg” in.

Politiek lê nie op ‘n glyskaal van links na regs nie.

Blaarman ·

Ek wonder wat die uitwerking hiervan op die BRICS koalisie gaan wees!

Nouja ·

Indien hy wen is dit koebaai Brics en hallo RICS.
Volgende wat sal waai behoort India te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.