Trump-verhoor begin vanaand

(Foto: Jon Elswick/AP)

Die senaatverhoor van pres. Donald Trump van die VSA begin Dinsdag om 20:00 (SA tyd) en dit is slegs die derde keer in die Amerikaanse geskiedenis dat ʼn president in ʼn staat van beskuldiging geplaas word.

Die 100 lede van die Amerikaanse senaat kom byeen vir wat na verwagting die eerste vol dag van verrigtinge in die opspraakwekkende saak is.

Verlede week is senatore en die hoofregter beëdig. Sedertdien het lede van die Demokratiese Party, wat as aanklaers optree, hul hofstukke ingedien. Trump se regspan het dieselfde gedoen.

Trump word daarvan beskuldig dat hy sy mag misbruik het om druk op Oekraïne te plaas om aan te kondig dat ʼn ondersoek na sy plaaslike politieke teenstander, Joe Biden, gedoen word. Dit is glo gedoen om Trump se herverkiesingsveldtog moontlik ʼn hupstoot te gee.

Die tweede aanklag is dat hy die Amerikaanse wetgewende liggaam se ondersoek na die Oekraïne-sage probeer dwarsboom het. Die huis van verteenwoordigers het verlede week albei klagte goedgekeur.

Die president ontken skuld.

Sy regspan het Maandag gesê Trump is die slagoffer van ʼn voorafopgestelde proses wat gedryf is deur politiek – en dat hy niks verkeerds gedoen het nie.

Sy span voer aan die saak is swak en dat die twee klagte hoegenaamd glad nie op enige misdaad of wetsoortreding dui nie.

Die Republikeine het voorgestel dat die verhoor se daaglikse sessies 12 uur lank duur, ʼn moordende pas om vol te hou. Die Demokrate het dadelik teruggekap en gesê die voorstel is ʼn “nasionale skande”.

Trump probeer die staat van beskuldiging afmaak as ʼn poging om die 2016-verkiesingsuitslae te laat omkeer. Demokrate voer aan die president se gedrag bedreig die integriteit van die verkiesing later vanjaar.

Tot en met ʼn besluit gevel word, sal die senatore, vir die duur van die sitting wat elke dag met die uitsondering van Sondae plaasvind, hulle moet weerhou van enige vorm van kommentaar – ook op Twitter.

ʼn Oorwinning sou inhou dat twee derdes van die lede van die senaat moet stem dat die president uit sy pos verwyder word. Trump se Republikeinse Party beheer die senaat en die mees waarskynlike uitslag is dus dat hy vrygespreek gaan word.

Oudpres. Andrew Johnson, ʼn Demokraat, is in 1868 in ʼn staat van beskuldiging geplaas weens misdade wat verband gehou het met sy afdanking van sy minister van oorlog. Die senaat het hom vrygespreek.

Oudpres. Bill Clinton, ook ʼn Demokraat, was die tweede Amerikaanse president wat in ʼn staat van beskuldiging geplaas is. Hy is aangekla van meineed en regsverydelings (ná sy buite-egtelike verhouding met Monica Lewinsky wat hy aanvanklik herhaaldelik ontken het en eindelik oor gebieg het). Ook hy is deur die senaat vrygespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Voorspoed

Sterkte Mr Trump, hou duim vas vir jou.

Pampoen

Maak nie saak of mens van Trump hou of nie. Hierdie is ‘n skandelike misbruik van die ‘impeachment’ proses om ‘n haatveldtog van die media te dryf. Dit was van die begin af duidelik dat die media eensydig probeer om Trump te kelder. Die verhoor is maar net die uitloop van daardie proses. Dit steek my dwars in die krop dat die media nie net media-vryheid het nie, maar dat hulle die kitaar slaan.

Werner

Demokrate libs hap na wind hy gaan niks oorkom nie

Niklaas

Duidelik is die spul Demokrate doodbang dat Trump herverkies kan word en derhalwe word alles moontlik gedoen om hom te probeer uitskop voordat hy die verkiesing aanpak.
As mens kyk na die Demokrate se groep kandidate , lyk nog 4 Trump jare baie moontlik.

ProotGraat

Mnr Trump sou BAIE goed inpas in die Suid-Afrikaanse politieke omgewing ….. DENY DENY DENY!!! Pateet!!!!