Trump vrygespreek ná staat van beskuldiging

Pres. Donald Trump. (AP Photo/ Evan Vucci)

Amerika se pres. Donald Trump is Woensdagaand vrygespreek nadat hy verlede jaar in ’n staat van beskuldiging geplaas is.

Die senaat, onder leiding van die president se mede-Republikeine, het 52-48 gestem om hom vry te spreek op aanklagte van magsmisbruik en 53-47 op aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Trump word dus nie uit sy amp as president verwyder nie. Sou Trump wel aan een van die aanklagte skuldig bevind gewees het, sou hy sy amp aan visepresident Mike Pence afgestaan het.

Trump is die derde Amerikaanse president om in ʼn staat van beskuldiging geplaas te word; nie oudpres. Bill Clinton of oudpres. Andrew Johnson is destyds as president verwyder nie.

Die senaat stem Woensdag in Washington. (Senate Television via AP)

Maroela Media het vroeër berig die Demokrate het in September met ʼn ondersoek teen Trump begin. Hy is daarvan beskuldig dat hy druk op die president van Oekraïne probeer plaas het om Joe Biden, die Demokratiese presidentskandidaat vir 2020, se seun se oënskynlike korrupte sakeverhoudinge in Oekraïne te ondersoek.

Volgens die Demokrate het dit daarop neergekom dat Trump Oekraïne afgepers het om Biden se seun te ondersoek en dat hy só ’n opponent se kanse in die 2020- presidensiële verkiesing in die VSA benadeel het.

Trump het volgehou dat hy niks verkeerd gedoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Oudste ·

Daar is dit nou. Die Pelosi, Schumer en Schiff Sham Show het misluk en geregtigheid het geseevier.

charmaine ·

Maar weereens kan hulle n saak aan vat en in dae afhandel. SA se gewese korrupte president se saak vat nou al n jaar en so ook al die ander korruptes, nou is hy siek daar is n lasbrief wat ons weet nie veel krag het nie…. en Zondo soek meer tyd en meer geld en so ploeter SA se korrupsie voort.

Good for You Trump! Hy moet nog n paar drones laat vlieg.

Rissiepit ·

En die beste van alles Charmaine is dat daar absoluut niks gaan gebeur na die Zondo ondersoek nie. En ons voormalige president sal ook niks oorkom nie.

DERICK ·

Dankie tog. Hy is goed vir Amerika. Hoop hy wen die volgende verkiesing weer. Maar die vyiand is uit om hom te vernietig

Kerneels ·

Selfde wat met Zumpie gebeur het so paar jaar terug in ons eie par(ty)lement. Verskil is egter, die slag was die uitslag ten goede.

Strandloper ·

Man man hy is n man van staal! Wens hy was ons president….imagine….

Werner ·

Die libs is seker nou in al wat n toestand is hulle moet maar gewoond raak aan verloor hulle gaan nie die verkiessing wen nie maar Trump sal moet oppas hulle speel nie saam met die reels nie hulle sal hom probeer uithaal hulle glo net in demokrasie as dit hulle pas

Johan ·

zuma het nou seker nuwe moed, want hy het mos niks verkeerd gedoen nie.

Sarel ·

Maar in SA ( en Afrika) kan ons nie vsn hulle ontslae raak nie

Jr ·

Amerika in die 1960’s was al klaar in die ruimte. In afrika gebruik ons nog perde karre en Hi luxes

Gawie ·

Wat ‘n hartseer dag vir Amerikaanse politiek.
Dis duidelik dat harde bewyse van misdaad nie enige betekenis het vir dié mense wat vir Trump ondersteun nie.
En met hierdie skuif gee hulle hom net nog meer mag om te doen net wat hy wil, maak nie saak of dit indruis teen enige reëls nie.
So bly ek is in Suid Afrika – hier weet en erken ons ten minste dat ons regering korrup is.

Rupert Ashford ·

Daar was geen harde bewyse van misdade nie. Van wanneer af is dit “misbruik van mag” om ‘n ander land te vra om beweerde korrupsie te ondersoek? As jy reken die “Russian collusion” ondersoek van Mueller and die “pee dossier” was geregverdig, is hierdie net so geregverdig. Vir die dwarsboming klagte het die Withuis hof toe gegaan en die kongres het toe die dagvaardigings laat vaar en eerder verkies om self hof-hof te speel daaroor.

Gawie ·

Rupert, dis nie misbruik van mag om beweerde korrupsie te ondersoek nie. Dis wel misbruik van mag om dit te doen deur reeds beloofde militêre hulp te weerhou totdat dit gedoen is. En terloops, die beweerde korrupsie was op daardie stadium reeds ondersoek en bevind dit het nie gebeur nie.
Die bewyse is alles daar, en nog bewyse kon voorgelê word, maar die Republikeine het verkies om nie die getuies toe te laat om te kom getuig nie. Ook, meeste Republikeinse senators het erken dat dit wat Trump gedoen het was verkeerd, maar het tog besluit om die “Party-Line” te volg en hom onskuldig te verklaar. Behalwe Mick Romney wat sy politieke loopbaan op die spel te plaas en volgens sy geloofsoortuiging te stem.

Willem ·

Harde bewyse? Watter harde bewyse? Een persoon wat anoniem wil bly? Jy ly aan ernstige Trumpsindroom.

Gawie ·

Willem, die ‘Whistleblower” het al die reg om anoniem te bly, veral in die lig van die indirekte doodsdreigement wat hy/sy van Trump self ontvang het. Verder is die bewering wat die “Whitleblower” gemaak het reeds deur vele ander mense bevestig – mense wat by was toe Trump die ‘Perfekte’ oproep gemaak het. Ongelukkig is daar nuusnetwerke in die VSA soos Fox News wat verkies om die feite wat ‘n goeie storie kan benadeel weg te steek.
Verstaan nie mooi wat jy met Trumpsindroom bedoel nie.

Oujongvrou ·

Mooi so Senaat. Trump doen darem iets vir werkloosheid.

Niné ·

Goed of sleg.. dit sal sy “legacy” in die geskiedkundige joernale bly.

Willem Sterrenberg ·

Hoera!As SA maar so president gehad het wat sy land eerste stel.Ons sit met die ruggraatlooste regering in die wêreld met die ergste korrupsie in die regering.Hpekom sal n korrupte die ander korruptes vervolg?Nee wat mense join maar saam in korrupsie die tronke is oorvol daar nie nog plek vir nog korruptes nie!Viva die ANC!

Jan ·

Trump het nie n vinger verroer teen mugabe nie nie en hy sal oom nie n vinger roer teen die anc en eff wanneer hulle die blankes se grond begin vat nie…hy is deel van die illuminati eastablishment en hy bluff julle oukies tog te lekker…

Gawie ·

Stem saam Jan. Trump doen wat goed is vir Trump, en basta met die res.

Dottie ·

Trump doen wat goed is vir Amerika en sy mense MAGA is sy prioriteit nr 1 nie Zim of SA nie. Ek vra jul wat so teenoor Trump afgaan – wat het OBAMA en enige vorige USA president of enige ander land in europa gedoen vir ZIM en SA en vir die blankes en grondonteining of al die moorde hier in SA sweet boggerol zilts. So waarom word TRUMP uitgesonder. Gee die man n kans hy het n verkiesing op hande en dan het hy 4jaar dalk 8jaar om aan ander lande dalk aandag te gee. Ek hoop en bid ook Trump doen iets omtrent hierdie gemors wat in SA aangaan.

katerinadiekat ·

Hy was nie president toe Mugabe destyds met sy grondgrype begin het nie. Maar toegegee, al hou ek van hom, hy sal sekerlik nie hier by ons ingryp nie. Suid Afrika is nie van belang vir die Eerste Wereld lande nie, so hul gee nie veel om wat hier gebeur nie.

Oopkop ·

Ek was onlangs in die VSA. Op grondvlak meen die Amerikaners dat Pres Trump vanjaar met `n “landslide” oorwinning herkies sal word

VanAfrika ·

Hi-haaaaaa!!!!!popppopelossi is baie kwaad, sy skeur sommer sy speech op☺☺☺☺☺☺”you go, President Trump, you go”

madels ·

Trump BO! Die duiwels wil hom uithaal maar die Here sal hom aanhou beskerm!

netekalleen ·

Trump belowe en hy sorg dat dit gebeur. Imagine watse wondere kan daai man in ons land aanbring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.