Trump wil hoogste hof toe oor stemtellery  

Pres. Donald Trump. Foto: REUTERS/Carlos Barria

Pres. Donald Trump wil hom op die VSA se hoogste hof beroep om die stemtellery van Dinsdag se presidentsverkiesing te betwis.

“Hulle het geweet hulle kan nie wen nie, toe sê hulle kom ons gaan hof toe,” het Trump tydens ʼn regstreekse uitsending van die Withuis in Washington DC gesê. “Dit is bedrog en ʼn verleentheid vir ons land.”

Volgens Trump het hy die verkiesing gewen en is sy doel nou om die integriteit van die verkiesing te verseker. “Ons wil hê die reg moet behoorlik gebruik word. Ons sal toesien dat stembriewe nie teen 04:00 die oggend gevind en getel word nie. Dit is vir my ʼn baie hartseer oomblik.”

Trump het ook gesê ʼn “baie hartseer groep mense” probeer miljoene van sy ondersteuners wat vir hom gestem het, ontneem van hul reg om te stem.

Trump het al verskeie kere gesê dat die toename in posstemme die verkiesing oopstel vir bedrog en ander probleme.

Daar moet vanjaar meer stemme getel word as in die verlede omdat mense vroeg per pos en in persoon gestem het weens die koronavirus-pandemie.

Trump het in Florida, Ohio en Texas gewen en sodoende sy opponent, Joe Biden, se hoop vir ʼn beslissende vroeë oorwinning in die wiele gery.

Biden is egter steeds vol vertroue dat hy die verkiesing gaan wen. Hy hoop om Michigan, Wisconsin en Pennsilvanië te wen.

“Ons voel goed oor waar ons is,” het Biden in ʼn toespraak in Delaware gesê. “Ons glo dat ons op pad is om hierdie verkiesing te wen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Fedup ·

You better go to court muppet. biden CANNOT become president.
It’s unthinkable.
biden already went to bed with china
Be very careful.

Werner ·

Liberales hou net van reels solank dit hulle pas dan breek hulle dit.Skrik ook nie om n land in anargie te laat verval en alles af te breek soos BLM en EFF en die ANC nie.Wys hulle wie is baas Trump

Hoekom ·

Liberale hou ook net van demokrasie en stem reg as dit waarvoor hulle stem wen. Verder lieg en bedrieg hulle maar verder.

Piet ·

Ek wonder of die wenner hierdie keer weer minder van die algehele aantal stemme as die verloorder gaan kry soos laas keer. ‘n Belaglike situasie, gebeur ook net in die VSA.

Yolandie ·

Die President vd VSA sal steeds Donald J Trump wees, hy het dié jaar selfs meer stemme gewerf as wat hy in 2016 gekry toe hy het teen Hilary Clinton te staan gekom het. Joe Biden is die swakte kandidaat wat die Demokrate tot nog toe in ‘n verkiesing kon verteenwoordig. Sleepy Joe sal Amerika teen die hoogtse moontlike prys uitverkoop aan CCP. Donald Trump is goed oppad na ‘n oorwinning. Amen!!!!!

Dirk Mostert ·

Trump is reg. ‘n Vergelyking van stem-proporsies tussen die eerste 95% van stemme wat getel is, met Trump die voorloper in 7/8 swaai-state, en die laaste 5% stemme, wat Biden laat inhaal het, is ‘n duidelike bewys van ‘n geknoeiery. Pennsilvanie na 75% stemme getel is was 56-44 in Trump se guns en hy behoort dit maklik te wen.

Gawie ·

Tipies van Trump – hy kan nie die verkiesing op meriete wen nie, nou hardloop hy hof toe.
Ek sou graag wou weet wat hy sou doen as hy op hierdie stadium voorgeloop het met die stemme – sou hy dan ook hof toe gehardloop het, met die moontlikheid dat ‘n hofuitspraak hom van die verkiesing sou beroof? Ek dink nie so nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.