Truss dalk binnekort haar pos kwyt

Liz Truss, Britanje se eerste minister. (Foto: Daniel Leal / AFP)

Die Britse eerste minister Liz Truss het Dinsdag gestoei om haar posisie te stabiliseer ná ʼn ekonomiese ineenstorting haar gedwing het om ʼn vernederende U-draai te maak oor belastinghervorming. Haar toekoms as leier is op die spel.

“Dit is moeilik om te dink aan ʼn meer ernstige politieke en ekonomiese krisis in onlangse tye as wat Brittanje tans beleef,” sê The Daily Telegraph in ʼn redaksionele skrywe.

Die koerant het Truss vroeër ondersteun, maar meen sy kan binnekort “in die skande kom” as die land se eerste minister met die tweede kortste ampstermyn, tensy haar eie LP’s haar “ruimte gee”.

Truss het Dinsdag met haar kabinet vergader in ʼn poging om ondersteuning te bekom onder Konserwatiewe LP’s – sommige van wie al ruiterlik erken het sy het geen toekoms as eerste minister nie. Sy sal na verwagting Woensdag in die parlement verskyn vir ʼn vraag-en-antwoordsessie.

Die Sun-koerant het Truss Dinsdag “The Ghost PM” genoem en The Mirror het na die situasie verwys as “ʼn katastrofiese vernedering”.

Die beleërde eerste minister het Maandag in ʼn onderhoud met BBC om verskoning gevra dat sy “te vinnig te ver gegaan het” met hervorming, een maand ná sy aangewys is.

Dit kom ná haar nuwe finansiesminister Jeremy Hunt se kort verklaring Maandag waar byna al die belastingkortings wat verlede maand in ʼn begroting deur sy afgedankte voorganger Kwasi Kwarteng aangekondig is, teruggetrek is.

Hunt het aan die parlement gesê dat hy en Truss die vorige dag “ooreengekom het om byna alle belastingmaatreëls wat drie weke gelede in die groeiplan aangekondig is, om te keer”.

Dié aankondiging het gekom nadat Truss se regerende Konserwatiewe Party baie punte verloor het in meningsopnames.

Jeremy Hunt (Foto: AP Photo/Alastair Grant)

Britse media vergelyk Hunt se dramatiese ingryping met ʼn staatsgreep en The Telegraph het hom in ʼn spotprent uitgebeeld as ʼn generaal met talle medaljes wat “tydelik beheer neem om die situasie te stabiliseer”.

“Dit was ʼn baie Britse staatsgreep. Só hoflik dat jy dit byna kon misloop,” het The Guardian geskryf.

Konserwatiewe LP Roger Gale sê Hunt het “de facto eerste minister” geword terwyl verskeie LP’s Truss openlik gemaan het om die amp te verlaat en ander na bewering beplan om haar uit die saal te lig.

“Ek dink haar posisie is onhoudbaar,” het Konserwatiewe LP Charles Walker aan Sky News gesê. “As sy nie nou gaan nie, sal dit nie meer haar besluit wees nie.”

Truss het haar nabye vriend Kwarteng Vrydag afgedank ná die belastingkortingbegroting effekteopbrengste die hoogte in laat skiet het en die pond laat tuimel het tot ʼn rekordlaagtepunt teenoor die dollar te midde van vrese oor yslike skuld in die Verenigde Koninkryk. Truss het reeds twee keer ʼn vernederende U-draai moes maak oor die begroting waar belastingkorting vir rykes en op maatskappywinste teruggetrek is.

Hunt se omkeerstrategie sluit in ʼn vermindering van twee jaar na ses maande in Truss se aangekondigde £2 500-beperking op elektrisiteitsrekeninge vir alle Britte.

Hunt het beraam dat die belastingwysigings sowat £32 miljard per jaar sal inbring, ná ekonome beraam het dat die regering deur ʼn swart gat van £60 miljard in die gesig gestaar word.

Hunt se optrede Maandag het die Britse pond laat gedy teenoor die dollar en die euro terwyl effekteopbrengste gedaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Porseleintjie ·

In kort is sy byna haar pos kwyt oor geld. SA sal haar met ope arms verwelkom. Gierigheid is n mandaat vir n potefuelje by die regerende party hier. Ons lewe met bykans niks tot ons beskikking en het nie eers n eie hitler nie. Hoe meer korrup jy is hoe stewiger sit jy in jou stoel. Nee hulle het leiding nodig. Kom Cyril. Hoe lyk dit met n afvaardiging vir Brittanje?

Chris ·

Sy is een van die World Economic Forum “Davos” afgevaardigdes. Haar siening dat die britse ekonomie ‘n “Reset” nodig het is aanduidend dat sy ook gepaard sal gaan met die WEF se siening soos berig in Forbes artikel “Welcome To 2030: I Own Nothing, Have No Privacy And Life Has Never Been Better” Al opgemerk dat ons staats-dokumente almal NDP2030 bevat regs bo op die briefhoofde. Patrice Motsepe en Ramaphosa is ook produkte van die WEF.

RomeoTangoGolf ·

Vreemde demokrasie, nes ons, wat die leier van ‘n land aanstel wat nie deur die bevolking gekies is nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Prime is darem steeds lid van die parlement waar sy gereeld vrae moet beantwoord. Haar partylede is altyd gereed om haar te verwyder.

Kobus ·

Koning Charles kan sy opinie lug in privaatheid, maar die Britse konings het net seremoniële pligte.

ES ·

Jy is reg – hy kan ‘n mosie van wantroue voorstel maar anders as dit het hy eintlik nie vreeslik veel wat hy kan doen nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die nuwe generasie Torry politici is vreemde wesens. Die Arbeiders lyk deesdae meer aanvaarbaar.

JohanR ·

Kan nie glo hoe swak die vrou haar termyn begin het nie. Voor sy gekies is het ek gedink sy is nie te sleg nie. Maar in Engels se mens “she has’nt a clue”!

Blikkies ·

Hierdie leiers leef almal in absolute weelde en geen tekorte nie, ok nie in gevoel met die mense op die grond nie. In SA presies dieselfde, dan lyk hulle so verbaas as die mense kwaad word…..

KB ·

Lyk my Liz Truss is net so “intelligent” soos Ivan Saltzman (Dischem)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.