Tsjernobil-veldbrande woed voort

Die veldbrand woed in die uitsluitingsone (10 April 2020) (Foto: Ukrainian Police Press Office via AP)

Meer as ʼn duisend brandbestryders was Sondag, op die 34ste herdenking van die kernramp, steeds in die uitstralings-besmette Tsjernobil-uitsluitingsone, om veldbrande onder beheer te bring wat al weke lank voortduur.

Owerhede skryf die brande in die hoofsaaklik onbewoonbare Tsjernobil-sone en ander dele van Oekraïne toe aan sterk wind en abnormale droë toestande ná ʼn winter waar daar nie enige beduidende sneeu geval het nie.

Brandbestryders is al drie weke lank besig om die veldbrande te blus.

Omgewingskenners is besorg dat die brande radioaktiewe as kan aanblaas en moontlik besmette rook na die hoofstad, Kiëf, kan waai. Kiëf is ongeveer 100 km suid van die Tsjernobil-kernkragaanleg.

Toe die brande vroeër vandeesmaand uitgebreek het, het ʼn senior omgewingsbeampte, Egor Firsov, gesê uitstraling in die Tsjernobil-sone is 16 keer hoër as normaal.

‘n Onbewoonde huis in die middel van die veldbrand (Foto: AP Photo/Yaroslav Yemelianenko)

Die kernramp in 1986 word as die ergste kernramp in die geskiedenis van die mensdom beskou. Talle persone, veral brandbestryders en paramedici, het in die ramp omgekom.

“Ons dink vandag aan die helde wat die toekoms van die gevaar van uitstraling gered het,” het pres. Wladimir Zelenski in ʼn verklaring vir die herdenking gesê. Hy het ook sy “diepste respek betoon” met die brandbestryders en ander wat tans in die sone werk “om die grond teen nuwe natuurlike rampe te beskerm”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Burgermeester

Genugtig manne, die wereld is op sy kop op die oomblik. Durf ‘n mens vra of daar nog ‘n moersleutel in die speke gegooi kan word?