Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn sterk aardbewing naby die Solomon-eilande voorgekom het.

Die aardbewing wat 7,5 gemeet het, het sowat 83 km van Lata op ʼn diepte van 12 km voorgekom. ʼn Tsoenami-waarskuwing is vir die kusgebiede naby die Solomon-eilande in die suide van die Stille Oseaan uitgereik. Die waarskuwing is vir ʼn 300 km-radius van die episentrum af.

Daar was nog geen berigte van beserings of skade nie. Die Solomon-eilande is in 2013 deur ʼn tsoenami getref ná ʼn aardbewing wat 8 gemeet het. Minstens 10 mense is dood en duisende mense was haweloos nadat talle huise en geboue vernietig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.