Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn kragtige aardbewing van 7,9 aan die suidwestelike kus van die Indonesiese eiland Soematra voorgekom het.

Euro-Mediterreense seismologiese sentrum (EMSC) het gesê die aardbewing het sowat 805 km van Padang, Wes-Soematra se hoofstad, op ʼn diepte van sowat 10 km voorgekom en die skudding kon in Singapoer gevoel word.

Die Indonesiese meteorologiese agentskap het ná die aardbewing ʼn tsoenami-waarskuwing uitgereik vir talle provinsies in Soematra. Australië het ook kort hierna ʼn tsoenami-waarskuwing uitgereik.

Australië het die waarskuwing egter later teruggetrek en gesê “geen tsoenami-golwe is waargeneem wat ʼn gevaar vir Wes-Australië inhou nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.