ʼn Aardbewing van 7.7 het Sondag die suide van Chili getref met ʼn waarskuwing vir moontlik gevaarlike golwe aan die Stille Oseaan-kus van Suid-Amerika.
Owerhede het ʼn ontruimingsbevel vir kusgebiede uitgereik as gevolg van die moontlike tsoenami.
Die aardbewing het ʼn episentrum 40 km suidwes van Puerto Quellon, Chili, op ʼn diepte van 33 km, volgens die USGS. Die gebied is relatief yl bevolk.
“Gebaseer op die voorlopige aardbewing-parameters, is gevaarlike tsunami-golwe moontlik vir die kusgebiede binne 1 000 km van die aardbewing se episentrum.
Die episentrum is meer as 1 100 km suid-suidwes van Santiago.
9 myl is nie 33km nie……
Wie sê 9 myl is 33 km?
Die inligtingstrook langs die foto sê : Event depth : 9.3 mi