Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing in Nieu-Seeland

Die aardbewing het 7,8 op die momentmagnitudeskaal gemeet met die episentrum 91 km noordoos van die stad Christchurch. Foto: Google Maps

Die aardbewing het 7,8 op die Richterskaal gemeet met die episentrum 91 km noordoos van die stad Christchurch. Foto: Google Maps

Inwoners van laagliggende gebiede in Nieu-Seeland is besig om hul huise te ontruim nadat die eerste golf van ʼn tsoenami die land se oostelike kuslyn Sondag bereik het ná ʼn kragtige aardbewing.

Die aardbewing het 7,8 op die Richterskaal gemeet met die episentrum 91 km noordoos van die stad Christchurch. Nieu-Seeland se departement van burgerlike verdediging en noodbestuur het gesê die aardbewing het ʼn tsoenami veroorsaak en die eerste golf het reeds gebiede naby Kaikoura en Wellington getref.

“Die eerste golwe sal nie die grootste wees nie. Tsoenami-aktiwiteite kan nog ure lank voortduur en moet as ʼn werklike gevaar geag word totdat die waarskuwing opgehef is,” het die departement gesê.

Die aardbewing het kort ná middernag plaasgevind en skuddings veroorsaak wat so ver as 200 km van Wellington af gevoel kon word. Volgens die owerhede het die aardbewing skade aan swakker geboue en paaie aangerig, maar geen beserings of sterftes is nog aangemeld nie.

Die departement het ʼn beroep op inwoners in laagliggende gebiede aan die Ooskus gedoen om so vinnig moontlik na hoërliggende gebiede te beweeg. Mense regoor die land is ook aangeraai om weg te bly van strande en uit die water te bly. Radio New Zealand het berig duisende inwoners van Wellington het reeds die stad verlaat.

ʼn Verwoestende aardbewing het in Februarie 2011 reuse-skade in Christchurch aangerig en die lewe van 185 mense geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sam ·

Was besig met Skype oproep na Switzerland. Tien sekondes voordat ek die aardbewing gevoel het, het die internet konneksie uitgesny. Daarna het ek heen en weer op die bank geskud. Dit het ongeveer twee minute lank aangehou. Aangesien my portrette en muur behangsels nie beweeg het nie, het ek maar bly sit. Die aardbewing was 290km van my dorp af. Die Tsunamie golwe waaroor hulle op hol is , is soms 90CM hoog, geensins opwindend nie. Ek is seker Kaapstad het al 3 m golwe beleef en dan word dit nie Tsunamie genoem nie.

Mambanza ·

Dalk te gou gepraat Sam. Dis veel erger as wat jy te kenne gee. Daar is oral baie skade. As dit by mense lewens kom kan daar nie kanse gewaag word nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhardt

Dankie vir jou terugvoer. Waar die bron spesifiek aandui dat die sterkte van die aardbewing op die Richterskaal gemeet is, volstaan ons met dié lesing. Omdat die lesing nie van die een na die ander omgereken kan word nie (verskillende aspekte word gemeet) is dit nie moontlik om die lesing in momentmagnitudeskaal weer te gee indien dit op die Richterskaal gemeet is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Schalla ·

Ek is bly jy is so rustig in so situasie! !!!!
Ek sal jou kommentaar na die storie en hoor of jy nog O K is!
Hier hang ons maar bal maar ek dink jy moet n boom soek, sterkte!

Helene ·

Sterkte aan die mense daar wat hul huise moet agter laat. Ons bid vir jul. Ons hier kan ons nie indink hoe dit sal wees. Sterte?

Gideon ·

Ek hoor daar was ook vanmiddag in Argentinië ‘n aardbewing! Moontlik is SA volgende, ek het net so gevoel!!

marietha ·

Ons bly in Auckland. Dit nie gevoel nie. Dit was erg. Het vriende in Wellington.
Daar is mense dood. (EK DINK 3)
Baie skade ook.

charlene ·

Aaai dis so erg en so hartseer. Ons het net nou die dag daaroor gepraat, wat vat en wat los jy?!?. Waarheen gaan jy as ouer in die middle van die nag met `n klein kind?? Sterkte aan ieder en elk wat hierdeur geraak is, mag die sterf syfer nie nog meer styg nie en mag daai golwe bedaar. God be with you!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.