Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing naby Japan

(Grafika: Japanse meteorologiese agentskap)

ʼn Aardbewing van 7.3 het Woensdagaand die ooste van Japan getref. Die hoofstad Tokio het deurgeloop en ʼn tsoenami-waarskuwing is vir dele van die noordooskus uitgereik, het die Japanse meteorologiese agentskap gesê.

Die aardbewing het aan die kus van die Fukushima-streek plaasgevind op ʼn diepte van 60 km. Kort ná die aardbewing om 23:36 (1436 GMT) is ʼn waarskuwing van tsoenami-golwe van een meter uitgereik vir dele van die kus.

Daar is nie dadelik berigte van enige skade of beserings nie, maar minstens 2 miljoen huishoudings beleef kragonderbrekings, insluitend 700 000 in Tokio, het die kragvoorsiener Tepco gesê.

In die noordoostelike streek is 156 000 sonder elektrisiteit, aldus die streek-kragmaatskappy Tohoku Electric Power.

Eerste minister Fumio Kishida het aan verslaggewers gesê die regering probeer inligting bekom oor die situasie.

Tepco het ook op Twitter gesê hy gaan bedrywighede na by die Fukushima-kernaanleg wat 11 jaar gelede ʼn smelting beleef het toe ʼn yslike aardbewing van 9.0 die ooskus op 11 Maart 2011 getref het. Dit het ʼn tsoenami en kernramp tot gevolg gehad.

Die kernregulasie-owerheid sê daar is nie enige abnormale aktiwiteit by die Onagawa-kernaanleg in die noordoostelike Miyagi-prefektuur opgemerk nie.

Die spoormaatskappy JR East sê hy beleef ʼn groot ontwrigting in sy bedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacob

Maak gereed. Vind Jesus. Ons ken nie die dag van more nie. Oorlog, Aarbewings, ens, Tekens van die tye is voor die deur.