Tsoenami-waarskuwing na groot aardbewing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik na ʼn kragtige aardbewing Saterdag.

Die aardbewing wat 7,9 gemeet het, het sowat 49 km oos van Taron, in Papoea-Nieu-Guinee, voorgekom teen ʼn diepte van 103 km. Aardbewings wat dieper voorkom, is geneig om minder skade aan te rig as aardbewings wat na aan die oppervlak voorkom.

Die Stille Oseaan se Tsoenami-waarskuwingsentrum het ʼn waarskuwing uitgereik vir Papoea-Nieu-Guinee en nabygeleë areas.

ʼn Tsoenami-waarskuwing is intussen ook vir Nieu-Seeland uitgereik. Dié land se departement van verdediging en noodbestuur het inwoners gemaan om uit die water te bly. Die departement het egter gesê dit is nie nou nodig om te ontruim nie.

Die aardbewing het dorpies naby die episentrum geskud, maar is nie in die land se hoofstad, Port Moresby, waargeneem nie. Daar was geen onmiddellike berigte van skade of sterftes nie.

Papoea-Nieu-Guinee is kwesbaar vir aardbewings weens sy ligging in die sogenaamde “ring van vuur” in die Stille Oseaan, waar kragtige aardbewings en vulkaniese uitbarstings algemeen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bevoorreg? ·

Kyk en hoor ons van ander lande se orkane, siklone, tsunamis, aardbewings, veldbrande (wild fires), godsdiensprobleme, burgeroorloë ens. dan wonder mens of ons tog nie steeds bevoorreg is in S.A. Dis merendeels in die nag wat die duiwel en sy trawante saamsmelt met die donkerte as dekmantel om dan vir ons te kom kuier. Tog is daar ‘n ooreenstemming met gevare oorsee en plaaslik en dis die onvoorspelbaarheid daarvan. Steeds dink ek ons is beter daaraan toe.

Ferreira ·

Ek lewe eerder onder God se hand van natuurrampe as onder die SA regering waar daar geen hoop is nie!! Vat jou goed en trek Ferreira.

Moos ·

Ek stem met Ferreira. Ek vat my kanse met die natuur liewer. En dis die ding van SA. Ons het nie orkane of groot aardbewings of vulkane of tornadoes nie. Ons het pragtige natuurskoon, gunstige klimaat vir enige kos produksie, groot hoeveelhede en verskeidenheid minerale in die grond. As dit nie vir hierdie skelm korrupte regering en al hulle moordlustige trawante was nie, sou SA nie miskien een van die mees gesogte lande in die wereld gewees het nie?

Angie ·

Sou beslis so gewees het moos. Ons reeds getrek Ferreira, want net soos die lied se, was my oupa se van ook ferreira en toe kom bly ons maar ook hier in aardbewingland en tsoenami wereld. Ek gaan ook maar eerder so dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.