Tsoenami-waarskuwing ná sterk aardbewing Indonesië tref

(Foto: Bali-indonesia.com)

ʼn Waarskuwing vir ʼn moontlike tsoenami is uitgereik nadat ʼn aardbewing Indonesië se Lombok-eiland getref het.

Die aardbewing van 7 het die eiland getref, ʼn week ná ʼn groot skudding minstens 16 lewens geëis het.

Die aardbewing se episentrum is 27 km noordoos van die eiland se Noord-Lombok-distrik op ʼn diepte van 15 km.

Die vakansie-eiland is verlede week deur ʼn aardbewing van 6.4 geskud wat 16 lewens geëis en honderde stappers op ʼn vulkaan gestrand gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KoosGrapJas ·

Die foto op die berig is eintelik die drie Gili eilande, Gili Air, Gili Meno,en Gili Trawangan. Hoewel dit baie naby aan Lombok is. Ek het al baie daar gaan vakansie hou, dis die mooiste plek vir my op aarde met die vriendelikste mense. Ek hoop maar dat daar nie nog ‘n tsunami hulle tref nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.