Tsoenami-waarskuwing uitgereik ná aardbewing

Inwoners van Mexikostad staan in donkerte. Foto: AP

ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn kragtige aardbewing met ʼn sterkte van 8 Mexiko getref het.

Volgens die Amerikaanse geologiese opnamediens (USGS) het die aardbewing 165 km wes van Tapachula in die suide van die land op ʼn diepte van 35 km plaasgevind.

Die aardbewing het veroorsaak dat geboue geskud en mense in hul slaapklere paniekbevange in die strate in gehardloop het om van die geboue af weg te kom. Gedeeltes van Mexikostad is sonder elektrisiteit.

Die VSA se tsoenami-waarskuwingsdiens het gewaarsku dat wydverspreide gevaarlike tsoenami-golwe moontlik in die Stille Oseaan kan voorkom en kusgebiede van verskeie Sentraal-Amerika-lande kan raak. Die golwe kan die kusgebiede van Mexiko, Guatemala, El Salvador, Costa Rica, Nicaragua, Panama, Honduras en Ecuador tref. Dit hou nie ʼn gevaar vir die VSA se Weskus in nie.

Inwoners van Mexikostad staan in donkerte. Foto: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

martin cilliers ·

ons is geseend om nie so probleem te ondervind nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.