Tsoenami-waarskuwing uitgereik

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik ná ʼn kragtige aardbewing Sondag.

Die aardbewing wat 8 gemeet het, het Papoea-Nieu-Guinee en die Solomon-eilandgroep vroegmiddag (plaaslike tyd daar) getref, waarna die Stille Oseaan se Tsoenami-waarskuwingsentrum ʼn waarskuwing uitgereik het.

Chris McKee, assistent-direkteur van Papoea-Nieu-Guinee se geofisiese observatorium, het gesê die aardbewing het onder die land se oostelike provinsie van Bougainville teen ʼn diepte van 167 km voorgekom.

Geen lewensverlies is aangemeld nie, maar daar is skade aangerig in die hoofstad Arawa asook kragonderbrekings in Buka. Inwoners van Buin het na hoër dele beweeg as voorsorg teen die moontlike tsoenami.

McKee het gesê hoewel die tsoenami-waarskuwing uitgereik is, is die bedreiging verby. “Die grootste bedreiging was vir Bougainville, maar die bedreiging is verby sonder dat ʼn tsoenami waargeneem is. Ek vermoed dit is omdat die aardbewings so diep voorgekom het dat daar nie ʼn noemenswaardige tsoenami was nie,” het hy gesê.

George Hermin, regeringsamptenaar van die Solomon-eilandgroep, het gesê geen ernstige aardskuddings is gevoel nie en daar is ook nie ʼn tsoenami waargeneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.