Tsoenami-waarskuwing vir Stille Oseaan

'n Polisiebeampte begelei verkeer in Santiago na die aardbewing. Foto: AP Photo/Luis Hidalgo

‘n Polisiebeampte begelei verkeer in Santiago na die aardbewing. Foto: AP Photo/Luis Hidalgo

ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn aardbewing van 8,3 op die momentmagnitudeskaal naby Chili voorgekom het.

Volgens berigte is tot vyf mense moontlik in die aardbewing dood en was daar glo verskeie naskokke. Die aardbewing het sowat 55 km van die kusgebied van Illapel plaasgevind. Dit is 280 km noord van die hoofstad Santiago. Die lughawe in Santiago is ontruim.

’n Tsoenami-waarskuwing is vir die hele Stille Oseaan uitgereik. Die Chileense minister van binnelandse sake het onmiddellik beveel dat die kusgebied ontruim word. Volgens berigte het nagenoeg een miljoen mense reeds hul huise verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die geskid van a aardbewing het my nog die bangste gemaak daai gevoel is onbeskruiflik dit voel jy kan nerens heen hardloop nie .Niks op hierde aarde het my so bangemaak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.