Tsvangirai het kolonkanker

Morgan Tsvangirai, voormalige eerste minister van Zimbabwe en leier van die MDC

Morgan Tsvangirai, voormalige eerste minister van Zimbabwe en leier van die MDC

Morgan Tsvangirai, leier van die MDC, die opposisieparty in Zimbabwe, het Maandag bekend gemaak dat hy kolonkanker het.

Tsvangirai, wat onlangs Suid-Afrika besoek het vir mediese behandeling, het gesê die toestand is in Suid-Afrika gediagnoseer nadat sy Zimbabwiese dokters hom verwys het. Hy begin vandeesweek met chemoterapie.

“My dokters in Zimbabwe het my op 8 Mei na Suid-Afrikaanse dokters verwys, waar dit bevestig is dat ek kolonkanker het,” het hy verduidelik. Hy het bygevoeg hy het reeds ʼn suksesvolle operasie in Suid-Afrika ondergaan.

Tsvangirai het gesê hy het die besluit geneem om sy toestand bekend te maak, aangesien hy glo dat die gesondheid van nasionale leiers, ook politici, nie onderwerp moet word aan spekulasie en onsekerheid nie.

Hy het gesê hy is vasbeslote om die kanker te oorwin. “Kom ons bly intussen gefokus op die nasionale krisis waardeur ons in die gesig gestaar word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oom Kalahari ·

Hoop jou alle sterkte toe en ‘n spoedige herstel Morgan Tsvangirai, jou mense het jou en ‘n goeie leier bitter nodig in daardie land. ‘n Goeie Leier word in goeie reg gebore en nie gemaak nie en hoop jy gaan nog ‘n groot rol speel tot vrede en stabiliteit in daardie pragtige land en laat herrys van die ashoop status. “Beste wense en Sterkte met gesondheid”

erika dempers ·

ai. so bitter jammer om dit te hoor. regtig gehoop dat die ou n oplossing vir Zim sou wees. oopkop en n goeie leier! ons bid vir hom en glo hy gaan gesond word.

julius ·

Sterkte Morgan, Ek het dieselfde deurgegaan en ek hoop alle voorspoed met die behandeling. God se genade is oneindig groot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.