Tuig veilig op komeet

Foto: ESA/Rosetta/Philae/ROLIS/DLR

Foto: ESA/Rosetta/Philae/ROLIS/DLR

Ten spyte van ʼn paar probleme, blyk dit dat die tuig Philae, veilig op die komeet 67P/Churyumov–Gerasimenko, 500 miljoen kilometer van die aarde, geland het.

Die Europese Ruimte-agentskap (ESA) het die landing bevestig, en dit as ’n geleentheid beskryf om deur ’n venster na die verre verlede van die aarde, sowel as die toekoms te kyk.

Die tuig se moederskip, Rosetta, bly om die komeet wentel, en Philae se seine moet via Rosetta na die aarde herlei word. Die seine neem sowat 28 minute om tot by die ESA se ruimtesentrum in Duitsland uit te kom.

Die komeet is onderweg na sy naaste draaipunt om die son, en sal dit teen 13 Augustus 2015 bereik. Die komeet se naaste punt aan die son is ongeveer halfpad tussen die wentelbane van die aarde en Mars, sowat 185 miljoen kilometer van die son. Al is dit taamlik ver, sal Rosetta nogtans ’n groter afstand van die komeet af moet wentel om so ver as moontlik uit die pad te bly soos die “spuitfonteine” van gas en stof van die komeet toeneem namate dit nader aan die son beweeg. Daar is reeds geringe van hierdie aktiwiteite op die komeet, wat die landing reeds bemoeilik het.

Lees gerus meer op die Europese Ruimte-agentskap se webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.