Tuigie met dwelmmiddels naby tronk gevang

Argieffoto van afstandbeheerde tuig (Parrot AR Drone 2.0) Foto: gridzdirect.com

Argieffoto van afstandbeheerde tuig (Parrot AR Drone 2.0) Foto: gridzdirect.com

Die polisie in Australië het Maandag gesê hulle het ʼn man in hegtenis geneem nadat ʼn afstandbeheerde tuig vol dwelmmiddels in die lug naby aan ʼn gevangenis bly hang het.

Die onbemande vliegtuigie is Sondag naby aan die Metropolitaanse korrektiewe sentrum in Melbourne opgespoor.

Die tuig het glo behoort aan ʼn man en ʼn vrou, wat daar naby in ʼn motor gesit het. Volgens die Victoria-polisie het die tuig vier enjins en ʼn klein hoeveelheid dwelmmiddels aan boord gehad.

Die 28-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels en poging om ʼn misdaad te pleeg. Hy sal later vandeesmaand in die hof verskyn.

Die polisie wou nie enige verdere besonderhede oor die tuig bekend maak nie. Dit is glo tegnologie wat reeds deur die weermag gebruik word, maar al hoe meer ook in lugfotografie en wetstoepassing aangewend word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.