Tunisië-aanval: Minstens 21 dood, 2 van SA glo gewond

Duisende mense het Woensdagaand in die strate van Tunis byeengekom na die aanval. Foto: Facebook

Duisende mense het Woensdagaand in die strate van Tunis byeengekom na die aanval. Foto: Facebook

Minstens 21 mense, onder wie talle toeriste, is dood ná ʼn terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië.

Volgens Habib Essid, eerste minister van Tunisië, is 17 van die oorledenes toeriste. Twee Tunisiërs en twee van die vermeende aanvallers is glo ook in die aanval dood. Essid het gesê vyf van die oorledenes was van Japan, vier van Italië, twee van Colombië en twee van Spanje. ʼn Australiër, ʼn Pool en ʼn Franse burger is ook onder die oorledenes.

Volgens Essid is 13 Italianers, sewe Franse burgers, vier Japanners, twee Suid-Afrikaners en ʼn Pool onder die beseerdes.

Volgens die New York Times is daar aanvanklik berig dat die aanvallers 10 mense gyselaar geneem en nege mense doodgeskiet het. Die land se veiligheidsmagte het sowat vier uur later weer beheer van die museum geneem en daar is aangekondig dat die dodetal meer as verdubbel het. Twee van die aanvallers is deur die veiligheidsmagte doodgeskiet. Volgens berigte was daar vermoedelik vier tot vyf aanvallers.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Sien by julle gebeur maar min in die wereld,Duitsland het gister gebrand deur die gierige bankers maar lyk my jule weet nie eens daarvan nie.Of julle wil net nie die mense bewus maak daarvan nie,en ons sit op die brink van n world war 3,Suid Afrikaanse mesia is n joke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.