Turkye weier glo egter om die soldate te onttrek en sê die hulp aan die Koerdiese Pesjmerga het die toestemming van die goewerneur van Mosul en is al meer as ʼn jaar gelede gegee. Boonop is die VSA se minister van buitelandse sake ook ingelig dat die troepe na Irak gestuur word.
Die soldate is nie deel van enige anti-IS-koalisie nie. Hulle is glo net daar om ander soldate af te los en bied net ondersteuning.
Irak se regering stem saam met Rusland dat Turkye in olie handel dryf met die IS. Die gebied rondom Mosul, waar die IS tans regeer, is olieryk. Dit is ook waar die minder as 1 000 Turkse soldate (volgens die Turkse regering in Ankara) tans gestasioneer is. Volgens die Turkse koerant, Hürriyet, wil Turkye ʼn permanente basis in die Baschika-omgewing van Mosul opbou en in stand hou.
Turkye word daarvan beskuldig dat hy internasionale reg verontagsaam deur onwettig troepe na Irak te stuur sonder behoorlike toestemming. Haider al-Abadi, premier van Irak, het volgens die media in Irak die lugmag opdrag gegee om met voorbereidings te begin om die land verdedig.
HKGK
Baie mooi gestel maar ek dink dit gaan erger wees as dit