Turkye kap Duitsland oor Herero-volkslagting

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool

Duitsland moet voordat hy vinger wys na Turkye sy eie volksmoorde verwerk.

Dié woorde kom van pres. Tayyip Erdogan van Turkye, nadat die Bundestag, die Duitse parlement, die slagting van Armeniërs tussen 1915 en 1923 as volksmoord verklaar het. Erdogan het verder gesê Turkye moet ophou om die grenslyn vir Europa se probleme te wees.

Erdogan het Duitsland versoek om te erken dat die gebeure in die voormalige Duits-Wes-Afrika (vandag Namibië) van 1904 tot 1908 ʼn volksmoord was op die Herero’s. Duisende Herero’s en Namas het hul lewens verloor en genl. Lothar von Trotha, Duitse militêre bevelhebber, het die rebellie genadeloos beëindig.

Duitsland het in 2004 by monde van Heidi Wieczorek-Zeul, die destydse minister van ekonomiese ontwikkeling, ʼn verklaring uitgereik wat na aan ʼn verskoning was, maar sonder die amptelike erkenning van die Bundestag. Dit gaan oor geld en eise en Duitsland vrees groot eise. Nietemin het die Duitse parlement in 2015 die slagting in die voormalige Duitse kolonie as ʼn “rasse-oorlog” erken.

Erdogan het dit duidelik gestel dat hy teleurgesteld is in die Duitse kanselier, Angela Merkel. Hy het Duitsland gewaarsku dat hy in Turkye ʼn belangrike vriend kan verloor. Erdogan het sanksies teen Duitsland ook nie uitgesluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hendrik ·

Is dit tyd dat ons die Britte voorstok kry oor die 38000 sterftes van vroue en kinders tydens die Anglo-boere oorlog in die Konsentrasiekampe? Daar was 55 konsentrasiekampe, 120 oorgangskampe. Grootste kamp in Natal wat 8000 mense gehuisves het. Dan al die wesie na die oorlog.

gatiep ·

Hendrik jy het n groot hoop dat dit gebeur.
Ons is afgevee van die wereld map daar bestaan nie meer n Afrikaner volk nie.Hulle is nou besig om ons uit te haal uit die geskiedenis boeke.Jy sien dan ons goverment het tot ons boere oorlog gesteel.

Ada ·

Ek stem saam – Maar hulle tyd gaan kom. Nie een van hulle offisiere was ooit gestraf soos wat die Nazi’s gestraf was in Duitsland nie. Hulle gaan nog swaarkry want wast jy saai sal jy maai.Dit is hoogtyd sou ek se. Kan Maroela /Solidariteit dalk so -iets aanhandig maak? Dit is ook mos nou lank genoeg terug?

christine ·

Die turke moet ook nie vinger wys nie hulle het ook maar andergelowe vertrap daarom het Griekeland ontstaan. Die Engelse het ook maar Suid Wes gegaps en die bevolking daar gejag. Soos hulle ons Boesmans gejag het van daai troepe het kompetiesies gehou elke aand was die kleinmensies getel. Soos hulle nou nog fisante jag. Dis ook in Turkye waar die wereldorde gestig is.

Kobus ·

Lees gerus Dr. Nörbruch se navorsing oor die sogenaamde moored op die Herero’s en Namas. Dit is grotendeels ‘n versinsel. Nörbruch se boek ongelukkig in Duits.

Mike de Beer ·

Dit is allermins ‘n versinsel. Die Hereros is gejaag en gejag. Daar is nou nog oorblyfsels wat hulle in hulle vlug oppad Botswana toe gelaat het in die ooste van Namibie. Meer nog gaan vra vir Hoofman Samuel Maherero en sy letterlik duisende mede – Hereros wat in Mahalapye en omstreke in Botswana bly, waarom hulle daar is en nie in Namibie is nie en jy dan die volle omgang van die geskiedenis hoor. Dit is ‘n onbetwisbare feit wat deur kenners getoets is dat as daar nie ‘n volksslagting van die Hereros in Namibie was nie, dat hulle met onafhanklikheidswording die grootste bevolkingsgroep sou gewees het. Net soos die Tweede Wereldoorlog se jodeslagting ook nie ‘n versinsel was nie. Aanvaar dit wat feite is maar leer daaruit en kyk vorentoe.

Danie Snyman ·

En wat van die slagting deur die Zoeloes in die Oos Kaap, jare terug?

Piet de Jager ·

En dan vergeet ons gerieflikheidshalwe van die Engelse konsentrasiekampe in Suid Afrika???

Duitswes ·

Maroela, dit bleik my julle moed begewe julle om my uiteengesette feitlike relaas insake Hendrik se kommentaar oor die my meer korrekte getal van 116 572 aangetekende konsentrasiekamp sterftes te plaas. Die nie-verklaarde sterftes en post-oorlog feite kan en sal nie uitgewis word nie…ONS SAL ONTHOU. Maak julle keuse.

Ekwilibrium ·

Die ware skuldiges is altyd so gou om vinger te wys; op dié manier word die aandag geskuif. Net soos hier rakende ons Boere. En tog… Wat van die slagting van die Bastervolk van destydse Suidwes in 1915 deur die Duitsers? Of was hulle nie swart genoeg om nou saak te maak nie? ‘Politieke korrektheid’ is onnosele gif.

John ·

Was dit nie die Duitse Nazi’s wat 6 miljoen Jode op ergste denkbare wyse vermoor het nie? Ek wonder hoekom Erdogan niks daaroor se nie. As ek reg onthou was die Turke lank gelede van die grootste woestaards wat te perd almal afgeslag het in hul pad en groot stukke aarde verower het op die’ wyse. ‘n Trein of ‘n bus is ok seker net so goed soos ‘n perd, as die grensdrade nie in die pad staan nie. RT wys hoe Turkye olie aanry wat van IS gekoop is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.