Turkye-mynramp: Dodetal bekend

Foto: Turkish Red Crescent/Facebook

Foto: Turkish Red Crescent/Facebook

Die finale dodetal van Dinsdag se ontploffing in ‘n steenkoolmyn in Manisa, Turkye is Saterdag bekend gemaak.

Taner Yildiz, Turkye se minister van energie, het Saterdag aan verslaggewers gesê 301 myners is in die ontploffing dood. Yildiz het die aankondiging gemaak nadat die liggame van die laaste twee vasgekeerde mynwerkers uit die Soma Komur-myn verwyder is.

“Die reddingsoperasie is verby. Daar is geen meer myners ondergronds nie,” het Yildiz oor die land se ergste industriële ramp nog gesê.

Die ontploffing Dinsdagmiddag is moontlik deur ʼn foutiewe elektriese transformator veroorsaak. Minstens 201 mynwerkers is kort na die ontploffing dood verklaar met honderde wat nog ondergronds vasgekeer was.

Lees ook:
Turkye-mynontploffing: Meer as 200 dood, honderde nog vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.