Turkye onttrek sy ambassadeur uit Duitsland

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Turkye het duidelik gewys hy is ontevrede nadat die Bundestag, die Duitse parlement, die massamoord op Armeniërs deur Ottomaanse Turke van 1915 tot 1917 as volksmoord verklaar het.

Volgens Europese mediaberigte is Turkye se ambassadeur in Duitsland, Hüseyin Avni Karslioglu, reeds Donderdag van Berlyn na Ankara teruggevlieg. Ook die Turkse pro regering-koerant, Sabah, het oor die onttrekking van die Turkse ambassadeur berig.

Duitsland se ambassadeur in Turkye, Martin Erdmann, is tans nie in die hoofstad van Turkye nie, maar ʼn woordvoerder van die Duitse regering, Robert Dölger, is deur Turkye se departement van buitelandse sake vir ʼn gesprek ontbied. Daar bestaan egter geen amptelike melding van die Turkse regering dat so ʼn gesprek plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adoons ·

Ouch! Sal Duitsland ooit weer kan opstaan na HIERDIE terugslag. Turkye se ambassadeur nogal.

Duitswes ·

Wat reg is, is reg. Erkenning is die pad ne heling en verg ‘n person / volk met inbors.
Nou peins ek al vanmelewe net of die “Queen” namens Engeland formeel sal erken en amptelik omverskoning vra vir die Afrika Volksmoord op Suid Afrikaners tydens die Anglo Boere-oorlog (1880 – 1881 & 1899- 1902)???? Gaan na die argiewe en kyk na die fotos en word wys of besoek ons land se konsentrasiekampe…dalk te dik vir ‘n daler

Theuns ·

Meer as ‘n 100 jaar nadie Oorlog is ek nog net so kwaad vir die Engelse in Engeland. Dit sal net reg wees as hulle se hulle was verkeerd en jammer! Ek het niks teen die Engelse wat in ons land bly en woon nie!

John ·

Engeland se oorname van Suid-Afrika was verdag vandat hulle voet aan wal gesit het en ons sit nou nog met die nagevolge: Engels… Engels. Engeland sal nie omverskoning vra nie want hulle is bang dan sal groot eise vanaf die Boerevolk volg. Die Turke sal ook nooit erken dat hulle Armeniers uitgemoor het nie. Hulle kan hierdie volk nie verdra nie veral omdat laasgenoemde nie die Islamitiese geloof aanhang nie en op sekere grondgebied aanspraak maak.

Rupert Ashford ·

Kry vir jou Turkye. Hulle is weer besig met dieselfde dinge vandag. Onder die dekmantel van die “fight against terror” baklei hulle kliphard teen die Koerde en help ISIS so ver hulle kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.