Turkye-staatsgreeppoging: Dodetal styg skerp; nog talle vas

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Die dodetal in die mislukte staatsgreeppoging in Turkye, het tot 265 gestyg met meer as 1 100 mense wat gewond is.

Minstens 700 ongewapende soldate by die Turkse militêre hoofkwartier het hulself intussen oorgegee. ʼn Totaal van 1 563 soldate is in hegtenis geneem.

Pres. Recep Tayyip Erdogan het Saterdagoggend gesê die regering is in beheer en hy het die mag.

Binali Yildirim, Turkye se eerste minister, het gesê 161 van die oorledenes was van die regeringsmagte en burgerlikes.

Lugaanvalle, militêre blokkades en gevegte tussen bendes en die gewapende magte is oornag oor groot dele van Turkye aangemeld. Soldate wat by die staatsgreeppoging betrokke was, se helikopter is oor die hoofstad, Ankara, deur ʼn vegvliegtuig afgeskiet.

ʼn Buitengewone parlementêre sessie is vir Saterdagmiddag belê. Beeldmateriaal wat op nuuskanale uitgesaai is, wys groot skade aan die parlementsgebou.

Dit is nog nie duidelik wie presies die meesterbrein agter die staatsgreeppoging was nie.

Erdogan se regering loop deur onder kritiek oor toenemende outoritarisme en onderdrukking van die opposisie en media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

As dit ‘n demokratiese regering is, eet ek my hoed op. Die EU se droomoplossing vir die sg vlugteling-probleem is skynbaar nou daarmee heen.

Cherokee ·

Volgens die nuutste nuusbulletin ondersteun die VSA hulle terwyl Turkye mi neig om outokraties te wees en skynbaar het juis dit die poging tot ‘n staatsgreep veroorsaak.

Ou Erdvark ·

Die mens se lewe is so kortstondig maar kyk net waarmee hou die mens homself besig! Wat ‘n vermorsing van tyd en energie. Soveel mense misbruik andere of laat toe dat hulle self misbruik word.

Tiaan ·

Turkye is ‘n lid van NAVO, dit sou verreikende gevolge gehad het indien die staatsgreep suksesvol gewees het.

gatiep ·

Tiaan hang af wie sou oorgevat het want Putin en Erdogan is alweer maatjies.
Turkey het n baie sterk weermag sterker as enige land in Europe.

Johan 2 ·

Baie interessant. Indien die huidige regering NAVO is sou die rebellie maar moeilik kon slaag. Indien hul (die regering) egter pro Rusland is, is dit onwaarskynlik dat geweld nie weer gaan opvlam en baie meer mense gaan sterf nie. NAVO spaar geen vuilspel (geweld) om Rusland se belange (en “vriende”) aan te val nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.