Turkye-staatsgreeppoging: Tientalle regters en aanklaers vas

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Die Turkse staatsbeheerde Anadolu-nuusagentskap berig meer as 100 regters en aanklaers en 60 militêre beamptes is in hegtenis geneem vir hul beweerde rol in die mislukte staatsgreeppoging.

Die inhegtenisnemings volg te midde van spesiale operasies gemik op die regbank en die weermag ná Vrydagaand se mislukte staatsgreeppoging teen die Turkse president Recep Tayyip Erdogan. Volgens berigte is meer as 3 000 soldate reeds in hegtenis geneem. Talle regters en aanklaers is afgedank.

Die staatsgreeppoging blyk egter of dit Erdogan gewilder gemaak het.

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Duisende mense het Sondag in Ankara en Istanboel bymekaargekom om hul steun aan Erdogan, wat al langer as 13 jaar in beheer is, te wys. Erdogan se regering loop deur onder kritiek oor toenemende outoritarisme en onderdrukking van die opposisie en media.

Die dodetal in die mislukte staatsgreeppoging het tot 265 gestyg met meer as 1 100 mense wat gewond is. Binali Yildirim, Turkye se eerste minister, het gesê 161 van die oorledenes was van die regeringsmagte en burgerlikes.

Dit is nog nie duidelik wie presies die meesterbrein agter die staatsgreeppoging was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christine ·

Ditators en Kommuniste hpu onderdane onosel hulle foeter skole aspris op want as hulle slimmer is dan gebeur die dinge Regters en aanklaers en die weermag. Kan ook hier gebeur. So vertrap die regstelsel media gooi daarby ander se taal en kerk soek jy gevaarlik moeilikheid gaan die kommuniste niks leer nie.

Cherokee ·

Ek weet te min van Turkse politiek om te weet of ons bly behoort wees dat die staatsgreep misluk het en of ons teleurgesteld of neutraal moet wees daaroor. Om een of ander rede word afgelei dat die VSA gelukkig is daarmee maar ek is nie so seker of die Turke anti-isis is nie. Hulle blyk egter op goeie voet te wees met Rusland maar Putin is ook baie bevraagtekenbaar.

Neewat ·

Huh? Op goeie voet met Rusland? Nie regtig nie. Alles behalwe. En hulle koop ook olie van ISIS. Die groot vraag is waar staan daai misbaksel van ‘n Obama en sy regime in die prentjie.

Neewat ·

Dit was ‘n uiters amateuragtige poging wat staatsgrepe aanbetref. Selfs Afrika state doen dit beter. Daar is bespiegelinge dat dit ‘n “false flag” operasie van Erdogan is om sy greep op mag te konsolideer.

HV ·

Turkye het vir Rusland omverskoning gevra oor die afskiet van die Russiese veg vliegtuig. Erdogan het nou flussies begin om bande met Rusland te verstewig. Natuurlik hou Amerika niks daarvan en nou ewe skielik n staatsgreep poging. Laat mens wonder nè.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.