Turkye vaar uit teen VSA oor steun aan Koerde

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het die VSA gekritiseer vir sy hulp aan Koerdiese groepe in die huidige burgeroorlog in Sirië.

Volgens Erdogan veroorsaak die VSA ʼn bloedbad met sy steun aan die Koerdiese PYD- en YPG-party, en het die land geen begrip daarvoor nie dat dié partye terreurgroepe is. Die VSA steun Siriese militia van Koerdiese demokratiese unie-party (PYD) en die volksbeskermingseenheid (YPG) hoewel Turkye dié partye reken as terreurgroepe met bondgenootskappe met Koerdiese rebelle.

Die PYD is die Siriese been van die verbode Koerdiese Arbeider Party (PKK) in Turkye.

Volgens die VSA het die Koerde tot op hede geslaagde weerstand teen die IS (Islamitiese Staat) gebied. In ʼn nuusblad soos die Deutsche Wirtschafts Nachrichten word beweer dat Turkye in die noorde van Sirië wil inbeweeg om blykbaar ʼn sekerheidsone in te rig. Dit is waar die meeste Koerde tans veg. Dit kan nog meer konflik tussen Rusland en Turkye veroorsaak.

In die Neue Zürcher Zeitung word gemeld dat die Siriese Koerde ʼn kantoor in Moskou geopen het. Die kantoor word as ʼn nie-regeringsorganisasie beskryf, maar sal volgens ʼn Koerdiese verteenwoordiger soos ʼn konsulaat funksioneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trolle ·

Turkye en USA is beste van maatjies niks sal tussen hulle gebeur nie,die USA het nog baie planne vir Turkye om hulle te help teen Russia.Behalwe as Trump inkom sal dinge verander dan beter Turkey maar stil bly en hulle wegskaar van hulle ISIS vriende.
Sensor maroela ek mag nie so praat nie dis teen julle beleid.

Nico K ·

Trolle, jy sal vir my moet verduidelik hoekom maroela media ‘n beleid sal hê dat jy nie mag kommentaar lewer op die verhouding tussen die VSA en Turkye nie. Dit is vir my logies dat die verhouding tussen Turkye en die VSA nie te goed sal wees nie. Die VSA is teen die ekstremistiese Moslems en sal die Koerde (wat meer Europees en Christelik is) steun, terwyl Turkey self ‘n Moslem land is en dalk meer simpatie met IS sal hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.