Turnbull se konserwatiewe party wen in Australië

Malcolm Turnbull, eerste minister van Australië (Foto: FT.com)

Malcolm Turnbull, eerste minister van Australië (Foto: FT.com)

Australië se eerste minister, Malcolm Turnbull, het Sondag verklaar dat sy konserwatiewe koalisie die verkiesing gewen het.

Hy het dié uitlatings gemaak nadat die opposisie, leier van die arbeidersparty, Bill Shorten, sy nederlaag verklaar en Turnbull gelukgewens het.

Shorten het vroeër Sondag gesê daar is nog stemme wat getel word, agt dae ná die verkiesing, maar dit is duidelik dat Turnbull reeds genoeg stemme ingesamel het om ʼn minderheids- of meerderheidsregering te vorm, het die uitsaaier ABC gesê.

“Vandag is ʼn wonderlike dag,” het Turnbull aan verslaggewers in Sydney gesê. “Ons het hierdie verkiesing gewen en dit vreedsaam gedoen. Dit is iets wat ons moet vier en nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie.”

Turnbull se koalisie sal minstens 74 van die 76 setels wen om die regering oor te neem en die ABC voorspel die regering sal waarskynlik twee of drie van die vyf setels wen waar die stemme nog te naby aan mekaar is om ʼn voorspelling te waag.

Die arbeidersparty sal na verwagting sy setels tot 68 of 69 verhoog, met vier onafhanklikes en een in die Huis van Verteenwoordigers.

Turnbull het formeel sy oorwinning aanvaar nadat Shorten hom gebel en sy nederlaag aangekondig het.

“Dit gaan ʼn opwindende en konstruktiewe parlement wees en dit is noodsaaklik dat dit werk,” het Turnbull gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wern ·

Wereldwyd begin die “liberalists” die lig sien. Te oop, te vrygewig, te tolerant teenoor misdadigers, benadeel net jouself.

Chrisjan ·

Jy is reg Wern, ongelukkig is dit in baie lande reeds te laat en sal die skuim wat met liberale steun aan bewind is moeilik sonder geweld verwyder word.

Puppet ·

Raai wie sit agter die liberales? Hulle is die puppets van die supperykes en die groot oorsese maatskappye wat ons land en res van die wereld so binnedring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.