TV-ankervrou hoor man is dood wyl sy nuus lees

Supreet Kaur (28) Foto: Twitter/Daily Mail

ʼn Nuusleser van Chhattisgarh in die ooste van Indië het Saterdagoggend vasgestel haar man is oorlede tydens ʼn regstreekse nuusverslag wat sy vir die televisiestasie IBC24 gelees het.

Supreet Kaur (28) se familie het aan die Indian Express gesê sy was besig om dié tragiese verslag oor ʼn motorongeluk te lees, toe sy besef dis haar man wat oorlede is.

ʼn Veldverslaggewer met wie Kaur via Skype gepraat het, het nie die name van die slagoffers gegee nie, maar wel watter motor dit was, hoeveel mense oorlede is en presies waar dit gebeur het.

Dié feite het presies ooreengestem met haar man se motor, die getal vriende saam met wie hy gery het en die rigting wat hy die dag sou ry.

Drie ander lewens is ook in die ongeluk geëis.

Kaur het egter vir tien minute ná die skokbesef wel die nuus voltooi voor sy in trane uitgebars het.

ʼn Regisseur vir die nuusprogram het ook aan Indian Express gesê Kaur is een van die mees professionele TV-ankervroue met wie hy al gewerk het.

“Dit spreek boekdele vir haar pligsbesef en professionaliteit dat sy só lank kalm gebly en verder gelees het,” het hy gesê. “Die oomblik toe die nuus verby was, het sy inmekaargesak en haar familie gebel. Dit is toe bevestig.”

Kaur is al agt jaar lank ʼn TV-nuusleser.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

Dit sou geloofbar wees om te sê dat sy van haar man se ongeluk gelees het en die nuusuitsending voltooi het waarnà sy besef het dat dit haar man is en toe geskok opgetree het. Maar dat sy, soos, die berig sê, na die skokbesef nog vir tien minute heel normaal die nuusuitsending voltooi het, is nie maklik geloofbaar nie. Tensy hulle dalk nie saamgewoon het of iets van die aard, nie. Dit so bo-menslik wees om dit te doen soos die berig vertel.

Gerd Lourens ·

Net soos die SAUK nuusleser tydens die nuusberig uitgevind het sy vrou het ‘n verhouding met Boesak…

Trots ·

Die meeste Joernaliste het moeilike werke… Ek haal my hoet af vir hulke wat onder politieke druken spul reels steeds dir etiese waardes nastreef om die storie te vertel sonder om reels te breek. Maroela id die topste van tops, en sal ook soos die vrou haar plig doen vir ons die lesers, dan saam japie gaan huil en dan weer aangaan en die volgende ding ontbloot

T ·

Dis baie hartseer. Kan myself nie indink in haar sitiuasie nie. Baie sterkte!

abc ·

jammer ek pla hier mm die kommentaar oor scott van zyl is weg,wat nou almal se idees is welkom,ken hom persoonlik

Cassie Carstens ·

Sjoe, dis hartseer, maar die vrou is baie proifessioneel. Dit vat baie van enige mens om so te kan optree.

alta jv rensburg ·

Cherokee, Wat maak dit saak? Nie almal tree dieselfde op in skok situasies Nie. Ankervrou, sterkte en baie liefde vir jou.

Genoeg ·

Cherokee, kyk of jy die boek, “Tannie Pompie se oorlog” kan kry, lees dit enn dan sal jy dalk kan verstaan hoekom die Ankervrou die nuus klaar gelees en toe inmekaar gesak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.