TV-realiteitster erken hy het kind gemolesteer

Edgar Hansen. Foto: Facebook

Edgar Hansen, ster van die bekende realiteitstelevisiereeks Deadliest Catch, het aan owerhede erken hy het ʼn 16-jarige meisie verlede jaar September gemolesteer.

Fox News berig hoewel Hansen skuld erken het op die seksuele aanklag, sal hy nie tyd agter tralies deurbring nie aangesien hy ʼn pleitooreenkoms met die Snohomish-owerhede in Washington aangegaan het.

Hansen (47) is ingevolge die ooreenkoms ʼn vonnis van 364 dae tronkstraf opgelê wat in geheel opgeskort is. Hy moet ook seksuele afwykingsevaluering ondergaan en ʼn DNS-monster aan owerhede verskaf. The Times berig Hansen moet ook ʼn hofboete en -fooie van $1 653 (ongeveer R22 000) betaal.

CBS News berig volgens hofdokumente het Hansen erken dat hy op 30 September 2017 aan ʼn 16-jarige meisie se geslagsdele gevat en haar gedwing het om ook aan hom te vat. Die meisie het in Oktober die seksuele aanranding by haar berader aangemeld en het later dit ook aan die polisie bevestig.

Hansen het in ʼn verklaring gesê: “Ek is baie jammer vir my gedrag en vir die skade wat ek aan [die meisie] aangerig het. Ek het reeds met terapie begin om te verseker dat niks soos hierdie aanranding ooit weer gebeur nie.”

Hansen en sy ouer broer, Sig Hansen, is krapvissermanne op Discovery se gewilde televisiereeks Deadliest Catch. Die reeks handel oor die broers se beproewinge terwyl hulle in lewensgevaarlike omstandighede en ysige temperature op die Beringsee krappe vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

1+1 ·

Ek sal graag ‘n verslag van Hansen se huis van oorsprong wil sien. Die antwoord vir die probleem le daar. Teveel mense word vandag ouers en bring kinders in die lewe wat nooit ouers moes gewees het nie. My simpatie le by die slagoffers en my empatie by die oortreder. Hy kan gehelp word.

Verstaan nie ·

Die kind wat glo gemolesteer is, is is sestien (16), nie ses-jaar oud nie.
Hoe “dwing” mens iemand van daai ouderdom om aan ‘n buitestaander se privaatdele te vat? Moenie alle mans oor dieselfde kam skeer nie!

Stop victim blaming ·

Dit grief my dat jy die slagoffer verantwoordelik hou en die man verontskuldig. ‘n Kind van 16 is ‘n kind ja. Hierdie is ‘n volgroeide man. Hy moet van beter weet. Jy kan natuurlik iemand dwing om goed te doen wat hulle nie wil nie. Daar is verskeie maniere, jy kan dreig om hul fisiese skade aan te doen, jy kan iemand afpers deur te dreig om hul se geliefdes op ‘n manier skade te berokken of seer te maak. Dan is daar ook nog manipulasie. ‘n Volwasse persoon is in ‘n magsposisie teenoor ‘n kind. Wat soek hy met ‘n 16 jarige? Dit is SY verantwoordelikheid as volwassene om nie seksueel by ‘n minderjarige betrokke te raak nie. Hoe weet jy buitendien dies ‘n ’buitestaander’ en dat hy haar nie ken nie? Dis nie ‘n vrou se werk om haar te beskerm teen mans nie, dis mans se werk om hulleself in te hou. Werklikwaar. Stop victim blaming. Ja, ek weet alle mans is nie dieselfde nie. Dit is nie die punt nie. Die punt is hierdie man was verkeerd en moes van beter geweet het.

Ander Annie ·

Mens weet nie wat die omstandighede was nie, maar dit is verkeerd wat hy gedoen het. Wat sal sy reaksie wees as hy ‘n 16 jarige dogter het en’ n man doen dieselfde met haar. Nee wat, hy moet sy belustigheid op ‘n ander manier hanteer. Hy is darem mos mooi groot, of hoe?

Penelope ·

1+1 : Ek verstaan waar jy vandaan kom, maar ek dink nie dis ‘n verskoning dat as jy uit so n huis kom dit die rede vir jou optrede is nie…. Ek weet van mense wat erger dinge oorgekom het in hul ouerhuise en hulle het opgestaan uit hul omstandighede. As jy as kind of slagoffer deur so iets is dan moet jy juis beter vir jou kinders of ander kinders wil he. Jy as slagoffer weet waardeur jy is en hoe dit jou laat voel het, hoekom dan as volwassene dieselfde aan ander doen. Dit hang van jouself af, maar moenie wegkruip agter jou verlede nie. Vir al die siek pedofiele daar buite, dink hoe jy sal voel as iemand dieselfde aan jou kind doen…..

Denise ·

Ons almal weet wat reg is en wat verkeerd is wat goed is en wat sleg is nou het ons n keuse ek dink Hansen moet meer afkoel in die ysige water en hy weet wat hy gedoen het is verkeerd swak en as hy probleme het hy maak genoeg geld om iemand te gan sien hoekom altyd n verskoning het na die verkeerde daad en jong meisies moet ook weet niemand vat aan jou nie !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.