TV-sjef dood in hotelkamer aangetref

Anthony Bourdain. (Foto: AP File, ANA)

Anthony Bourdain. (Foto: AP File, ANA)

Anthony Bourdain, die bekende Amerikaanse televisieaanbieder en sjef, is Vrydagoggend dood in sy hotelkamer in Parys, Frankryk, aangetref.

Hy was besig om vir CNN te werk aan ʼn reeks oor wêreldwye kulinêre tradisies. Bourdain het glo sy eie lewe geneem. Hy was 61 jaar oud.

CNN het Bourdain se dood bevestig en in ʼn verklaring gesê sy vriend en mede-sjef, Eric Ripert, het op sy liggaam afgekom.

CNN het gesê Bourdain was in Straatsburg besig om te werk aan ʼn segment vir sy reeks “Parts Unknown”.

“Sy [Bourdain se] liefde vir avontuur, nuwe vriende, goeie kos en drank en sy merkwaardige stories oor die wêreld maak van hom ʼn unieke storieverteller. Sy talente het ons altyd verstom en ons sal hom baie mis,” het CNN in ʼn verklaring gesê.

Polisiebeamptes en nooddienste in Straatsburg het nie onmiddellik inligting oor Bourdain se dood verskaf nie.

Anthony Bourdain. (Foto: AP File, ANA)

Anthony Bourdain. (Foto: AP File, ANA)

Volgens The Guardian het Bourdain verskeie boeke uitgegee, insluitend Kitchen Confidential: Adventures in the Culinary Underbelly en Medium Raw: A Bloody Valentine to the World of Food and the People Who Cook.

In sy televisiereeks drink hy onder meer bier saam met voormalige Amerikaanse pres. Barack Obama in Hanoi in Viëtnam en kuier hy saam met die sanger Iggy Pop in Miami.

“Ek is trots op die feit dat ek, oor die jare, tafels gedeel het met van Hisbolla-ondersteuners, Kommuniste, anti-Poetin-aktiviste, cowboys, rockers, Christelike militante leiers, feministe, Palestynse en Israeli-setlaars tot Ted Nugent gedeel het,” het Bourdain vroeër gesê.

“Jy hou van kos en is besonder gaaf aan tafel? Jy betoon gasvryheid teenoor my as ek reis? Ek sal saam met jou sit en brood breek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Natan ·

Straatsburg en Paris is nie dieselfde plek nie. Berig is verkeerd, seker dood in hotelkamer in Straatsburg.

Vreemd dat so baie nou so hul eie lewens neem.

jean ·

Wat ‘n tragedie!….’n wonderlike interessante program met ‘n charismatiese, menslike
man!…Hoe flippen hartseer…hy het die wêreld gereis, ervaar, gedeel en gesmaak…wat moes in sy hart geskuil het om dit te doen……..

Hendrik ·

Jy het seker nie gesien hoe neerhalend hy oor die beeldegroep van Paul Kruger en die Voortrekkers op Kerkplein gepraat het toe hy in SA was nie. Hy het geen poging aangewend om sy weersin in die Afrikaners te verbloem nie!

Richard Louw ·

Dood in Strasbourg, wat nogal ‘n ent ver van Parys af is. Voel jammer vir sy dogter. Gemengde gevoelens oor hom gehad, oor die algemeen sy programme geniet, maar ‘n bietjie van ‘n weersin in hom ontwikkel na sy neerhalende kommentaar oor die Afrikaners tydens ‘n besoek aan Paul Kruger se standbeeld in Pretoria.

Maksie ·

Voorwaar ‘n verlies! Het sy programme en boeke geweldig geniet. My hart pyn . Vir wat? Hoekom? Só begaafd en jonk. RIP

Rupert Ashford ·

So hartseer, RIV.

Maar mens moet se hierdie celebrities en mense wat soos hulle dink het die samelewing waarvan hulleself deel is nou so verander (afgebreek) dat selfs hulle nou nie meer daarin wil lewe nie. Wat moet die res van ons doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.