Twee beseer in nóg ʼn skoolskietery; aanvaller sterf

Jaelynn Willey (Foto: AP)

Twee leerders aan die Hoërskool Great Mills in Maryland in die VSA is beseer nadat ʼn 17-jarige aanvaller Dinsdag kort voor 08:00 binne die skoolgebou losgebrand het.

CNN berig Austin Wyatt Rollins het enkele minute voordat die klasse veronderstel was om te begin, die skool binnegestap en daarna ʼn 16-jarige meisie, Jaelynn Willey, en ʼn 14-jarige seun, Jordan Hutchinson, geskiet. Hy was glo met ʼn handwapen gewapen.

Volgens polisieowerhede in Maryland het die 17-jarige voorheen ʼn verhouding met die meisie gehad.

Die 16-jarige meisie, wat as is luidens berigte in ʼn kritieke toestand in die hospitaal en veg om haar lewe. Die 14-jarige seun is in ʼn stabiele toestand.

Blaine Gaskill, Great Mills se veiligheidsbeampte, word wyd geloof op sosiale media nadat hy hom kort ná die eerste skote na die toneel gehaas en op Rollins losgebrand het.

Dit is nie duidelik of Gaskill hom raakgeskiet het en of Rollins sy eie lewe geneem het nie.

Blaine Gaskill (Foto: St. Mary-polisie via AP)

Larry Hogan, Maryland-goewerneur, het Gaskill vir sy vinnige reaksie geprys en gesê dit is te danke aan sy optrede dat daar nie meer slagoffers was nie. Volgens Hogan was dit te danke aan hom dat die hele voorval minder as een minuut lank geduur het. “Hoewel die voorval absoluut tragies is, het hy die lewens van talle ander leerders gered,” het hy gesê.

Jonathan Freese, ʼn leerder aan die hoërskool, het aan CNN gesê die meeste leerders het vir hul lewe gevrees. Volgens hom het die skool leerders voorheen verskeie kere ingelig oor wat om in só ʼn situasie te doen. “Niemand van ons het verwag dat dit sou gebeur nie. Ons voel altyd veilig omdat daar altyd ʼn polisie-teenwoordigheid by die skool is,” het hy gesê.

Dit is die 17de skoolskietery in Amerika in 2018. Die noodlottigste van dié voorvalle was toe ʼn voormalige leerder van die Marjory Stoneman Douglas Hoërskool glo met ʼn semi-outomatiese geweer in die gange van ʼn hoërskool losgebrand het en 17 hoërskoolleerders se lewens geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Abe ·

My inligting is dat die berig soos deur CNN deurgestuur is en deur MM berig is korrek is

Piet Snot ·

Goeie argument vir gewapende wagte by skole: vorige tragedie: 17 dood. Dié keer: geen skoliere.

Gewapen ·

Duidelike voorbeeld dat gewapende wetsgehoorsame lede van die publiek misdaad kan voorkom. Die anti-geweer brigade hoe sekerlik nie van hierdie uitkoms nie…

Christo ·

Een oplossing wat kan werk is dat leerders en hulle skoolsake geskandeer word by die ingange van skole. Die groot probleem is dat wapeneienaars in die VSA nie wíl besef dat saam met elke reg daar ook ‘n verantwoordelikheid is nie. Hoeveel wapens word veilig in kluise geberg? Te min sou ek sê, want ek weet ten alle tye waar my vuurwapen is.

CJ ·

Ek dink baie van ons kan goed identifiseer met die woorde in die berig: “Niemand van ons het verwag dat dit sou gebeur nie…” [al gebeur WAT ookal rondom ons, dit sal mos nie met my/ons gebeur nie!].

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.