Twee Britse oud-ministers beland in media-lokval

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Twee voormalige Britse ministers van buitelandse sake het glo aan ‘n fiktiewe maatskappy aangebied om hul invloed te gebruik om die maatskappy te help – teen ‘n fooitjie (of wat).

Die lokval is deur die Britse Telegraph gestel wat voorgegee het dat hulle sakelui uit Londen is. Die joernaliste het aanvanklik 12 invloedryke politici genader waarvan net die helfte regeer het, en een laat weet het dat sy invloed nie te koop is nie.

Die twee oud-ministers wat nou bontstaan om hul onskuld te verkondig, is Sir Malcolm Rifkind van die Konserwatiewe Party, en Jack Straw van die Arbeidersparty. Die sluit van die ooreenkomste is op film vasgelê. Straw wou glo £5 000 per dag vir sy dienste hê, en het ingestem om tot die hele saak in die reine gebring is, buite die Arbeidersparty te staan. Die Arbeidersparty is nou die vernaamste opposisieparty in Brittanje.

Lees meer in De Standaard.

Die Telegraph hou lesers op hoogte met verwikkelinge soos dit in Brittanje en die buiteland ontvou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan Slabbert ·

Whahahaha…Kan Praag dit nie hier doen nie? Ek is seker daar sal nie EEN minister wees, wat NIE reageer nie :-DDDDD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.