Twee dood toe tuimeltreinwaentjie ontspoor

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Minstens twee mense is dood en twee ander beseer nadat een van die waentjies van ʼn tuimeltrein Saterdag by ʼn pretpark in Meksiko ontspoor het.

Die voorval het by die La Feria Chapultepec-pretpark in Meksikostad plaasgevind.

Die BBC berig ooggetuies beweer die slagoffers het uit die laaste waentjie van die Chimera-tuimeltrein by dié park geval nadat dit ontspoor het.

Twee mans, onderskeidelik 18 en 21 jaar oud, het onder meer aan kopbeserings gesterf, terwyl twee vroue in die voorval beseer is, berig CBS News.

Die park is ná die voorval gesluit en plaaslike owerhede ondersoek nou waarom die waentjie ontspoor het.

Volgens Miriam Urzua, amptenaar van die plaaslike burgerlikebeskermingsorganisasie, is die nodige stappe reeds geneem om met ʼn ondersoek te begin om vas te stel wat presies gebeur het en wie vir dié ongeluk verantwoordelik is.

Volgens die BBC het Rosalba Rodriguez,  ʼn ooggetuie, aan Meksikaanse verslaggewers gesê daar was niks ongewoon aan die tuimeltrein nie tot sy die waentjie sien val het.

ʼn Woordvoerder van die park het gesê die bestuur betreur die voorval en stel saam met die owerhede ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Blom ·

Is dit hoe mens Mexico spel in Afrikaans? Sjoe jammer oor die ongeluk en sterftes .. Ek sal nooit op so ding gaan nie.. Te bang!

Penellope Jones ·

Ja, ek stem saam. Hoe kan Mexico nou skielik “Meksiko” word?

Kallimaari ·

Ek wonder ook oor Meksiko. Ek kry dit nie op ‘n kaart nie, en Google Maps kom ook leë hande terug.

Jammer vir die familie van die oorledenes.

Gerrit ·

Ja, as jy Afrikaans HG Eerste Taal gehad het in die dae toe spelling nog belangrik was. Verstom my hoe Afrikaanssprekendes algemene name soos Mexiko, Wene, Brasilië, Tseggië en ander verkrag.

Elizabeth ·

Netsó Ronél!

“ASSEBLIEF”….ek hou van jou woord: pettie!! Haha!!

Asseblief ·

Lekker man “Dom” ek like jou kommentaar. Hier is mense dood en hulle bekommer hulle oor sulke pettie strooi

Rudi Neethling ·

Dis telkens verstommend hoe die media Afrikaans verkrag. Mexico is Mexico en bly Mexico

Estelle ·

Google die woord Meksiko want dit word in Afrikaans so gespel so Maroela is reg.

Michael P ·

Reg Dom !!!Wat het die spelling met die ongeluk te doen Hoop net hulle diens ons eie treinjties goed en leer uit hulle foute.

Lana ·

Tipies. Daar is mense dood, maar ons wonder oor die spelling van Meksiko.

Rassie ·

Ai, dis tragies. Sal self nooit op een van die ritte klim. Dit is ook nie die eerste keer dat hul waentjies ontspoor het nie. Nee dankie. Ek hou my voete plat op die grond.

Vir diegene wat wonder: Mexico word inderdaad as “Meksiko” in Afr gespel. So ook word daar na China as “Sjina” in ons pragtige taal verwys. Verstommend hoe oningelig ons mense kan wees. Ai tog….

Mariana ·

Meksiko en Mexiko is albei korrek en aanvaarbaar in Afrikaans. Kyk in
Pharos se tweetalige woordeboek (2005) en die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS).

Riaan vd Schyf ·

My kragtie en hier dag ek nog allie jare dis Meksiekou. Hugo, bellie pouliesie!!!

Cherokee ·

Weer praat mense agter mekaar aan. Vertel vir ons of die Kaapstad of Cape town is.

Cherokee ·

..en 4 ure later vind ek ek het kommentators se monde gesnoer met enkele woorde.

Adel ·

Dit is verskriklik, shame dis al klaar so erg net om op daai goed te gaan!! Onskuldige dag van pret en plesier wat so tragies eindig…….

big dipper ·

Jare gelede het ons ook die rook uit daai spore gery. Maar met die instandhouding vandag, bly eerder ver weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.