Twee groot aardbewings ruk Nepal

Skade wat deur die aardbewings aangerig is. Foto: Facebook

Skade wat deur die aardbewings aangerig is. Foto: Facebook

Twee groot aardbewings het Nepal, in die suide van Asië, Saterdag geruk en groot skade aangerig.

Die eerste aardbewing het 7,9 op die momentmagnitudeskaal geregistreer. ʼn Aardbewing van 7,0 op die momentmagnitudeskaal het sowat 30 minute later gevolg. Die aardbewings het geboue ineen laat stort.

Volgens berigte is talle mense beseer. Volgens die Xinhau-nuusagentskap is minstens drie mense dood. Inwoners is gemaan om buite hul huise te bly aangesien nog naskokke verwag word. Reddingspanne is intussen ontbied. Die episentrum van die eerste aardbewing was sowat 80 km van Kathmandu, die hoofstad van Nepal. Die stad het sowat 2,5 miljoen inwoners.

Die eerste aardbewing is ook in Indië, Maleisië en Bangladesj gevoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.