Twee polisielede geskiet tydens oproer oor Breonna Taylor

Breonna Taylor.

Twee polisiebeamptes is geskiet en gewond in Louisville in die Amerikaanse deelstaat Kentucky terwyl betogings in talle state uitgebreek het na ʼn aankondiging in verband met die dood van Breonna Taylor.

Woedende betogers het die strate van stede soos New York, Washington, Philadelphia, Chicago en Atlanta ingevaar nadat aangekondig is dat drie polisiebeamptes nie vir die dood van Taylor vervolg gaan word nie.

Taylor (26) is in Maart vanjaar tydens ʼn polisieklopjag op haar woonstel in Louisville doodgeskiet. Die polisie was besig met ʼn ondersoek oor dwelms en het ʼn deursoekingslasbrief gehad.

(Foto: AP Photo/John Minchillo)

Die ondersoek na die voorval het bevind dat die beamptes hul teenwoordigheid aangekondig het voor hulle die huis binnegegaan het.

Een beampte word wel van opsetlike bedreiging aangekla omdat hy skote afgevuur het wat mense in die aangrensende woonstel in gevaar gestel het.

Daniel Cameron, prokureur-generaal, het gesê die beamptes het in selfverdediging opgetree nadat Taylor se kêrel op hulle losgebrand het. Kenneth Walker het aan die polisie gesê hy het ʼn geklop gehoor, maar het nie geweet wie gaan inkom nie en dat hy in selfverdediging opgetree het.

(Foto: AP Photo/Eduardo Munoz Alvarez)

“Die strafregstelsel het nie ten doel om op elke hartseer gebeurtenis te reageer nie,” het Cameron gesê. “Maar my hart breek vir die verlies van mej. Taylor.”

Taylor se naam en die van George Floyd is twee van die name wat veral tydens landwye Black Lives Matter-betogings geopper is en waartydens hervorming van die polisie geëis is. Die sportsterre Lewis Hamilton en Naomi Osaka het tydens groot internasionale sportbyeenkomste bykomstighede met haar naam op gedra.

Die FBI stel steeds ondersoek in na moontlike oortredings tydens die klopjag op Taylor se woonstel.

Ben Crump, ʼn prokureur vir die Taylor-familie, het die besluit om nie die polisiebeamptes te vervolg nie as “verregaande en aanstootlik” beskryf.

Louisville gaan Tamika Palmer, Taylor se ma, $12 miljoen betaal nadat sy ʼn regsgeding teen die stad ingestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Hulle was dan altwee krimenele!!! En hoekom bly almal stil as onskuldige blankes vermoir word deur swartes vir geen rede nie?

Johann ·

En so word die wereld gedwing om te buig en jammer te se vir die bestaan van wette en wetgewing en die toepassing daarvan. Als onder die faandel van SLEGS EEN RAS wat se lewe belangrik is?

Robert ·

Skote word op polisie beamptes afgevuur en nou is daar groot bohaai omdat hulle hulself verdedig het teen krimenele elemente !!! Lyk my dit is ń wêreldwye tendens deesdae. Sekere mense is blykbaar onder die wanindruk dat hulle bo wet en orde verhewe is want BLM ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.