Die Sweedse dagblad Dagens Nyheter berig polisiebeamptes het die 21-jarige aanvaller kort hierna geskiet. Hy veg tans om sy lewe in ʼn hospitaal.
Volgens berigte is nog ʼn onderwyser en leerling in die aanval beseer. Leerlinge het aan televisiejoernaliste gesê hulle het gedink die aanvallers maak ʼn Halloween-grap. “Sommige leerlinge wou foto’s neem saam met hom en sy swaard.”
Die polisie het nog nie die motief vir die aanval vasgestel nie. Die aanval het glo in die kafeteria, wat oop is vir die publiek, plaasgevind.
Stefab Lofven, Swede se eerste minister, het die aanval as ʼn “swart dag vir Swede” beskryf.
Swart dag sowaar! Nou sal die klomp Libs wat al die jare terroriste in Suid Afrika gefinansier het miskien iets leer.
Sjoe, die wêreld staan op sy kop.