Twee sterf toe gemaskerde aanvaller skool binnestorm

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Gemaskerde aanvaller het Donderdag ʼn skool in Swede binnegestorm en ʼn onderwyser en leerling vermoor.

Die Sweedse dagblad Dagens Nyheter berig polisiebeamptes het die 21-jarige aanvaller kort hierna geskiet. Hy veg tans om sy lewe in ʼn hospitaal.

Volgens berigte is nog ʼn onderwyser en leerling in die aanval beseer. Leerlinge het aan televisiejoernaliste gesê hulle het gedink die aanvallers maak ʼn Halloween-grap. “Sommige leerlinge wou foto’s neem saam met hom en sy swaard.”

Die polisie het nog nie die motief vir die aanval vasgestel nie. Die aanval het glo in die kafeteria, wat oop is vir die publiek, plaasgevind.

Stefab Lofven, Swede se eerste minister, het die aanval as ʼn “swart dag vir Swede” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Swart dag sowaar! Nou sal die klomp Libs wat al die jare terroriste in Suid Afrika gefinansier het miskien iets leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.