Twee sterf toe skote by diplomaplegtigheid klap

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 18-jarige leerder en ʼn 36-jarige man is Dinsdag dood toe skote by ʼn diplomaplegtigheid in Virginia in die VSA afgevuur is. Nog vyf mense is in die voorval beseer, waarvan een tans in ʼn kritieke toestand is.

ʼn 19-jarige verdagte is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Volgens Rick Edwards, polisiewoordvoerder, het die skietery laatmiddag buite ʼn teater in Richmond plaasgevind. Leerders van ʼn plaaslike hoërskool was besig om die einde van hul skoolloopbaan te vier.

“Mense het in alle rigtings gehardloop, dit was ʼn chaotiese toneel,” het Edwards gesê.

“ʼn 19-jarige verdagte het van die toneel gevlug, maar is kort daarna deur die polisie in hegtenis geneem en sal van moord sonder voorbedagte rade aangekla word.”

Edwards het nie ʼn moontlike motief vir die misdaad bekendgemaak nie, maar wel gesê dat die verdagte minstens een van die slagoffers geken het.

Verskeie handvuurwapens is op die toneel gevind.

Geen verdere besonderhede is oor die verdagte of slagoffers bekendgemaak nie.

Die VSA het die hoogste sterftesyfer weens vuurwapengeweld van enige ontwikkelde land ter wêreld. In 2021 het 49 000 mense hul lewens in vuurwapengeweld verloor, terwyl massaskietvoorvalle die land al jare lank teister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Wat dan nou van Joe Biden en sy hoogheilige Demokrate se “a gunfree America”, menseregte en “healing America”? Hulle is al meer as 2 jaar aan bewind en al wat verander het is dat miljoene onwettige immigrante Amerika instroom oor die grens met Mexiko. Hoe dan nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.