
Maj. Naomi Karungi (31), een van die bemanningslede wat tydens die helikoptervlug gesterf het (Foto: Twitter)
Die Ugandese Weermag (UPDF) het Dinsdag gesê een van sy Jet Ranger-helikopters het tydens ʼn opleidingsessie in Gomba geval.
Albei persone aan boord het in die ongeluk omgekom.
“Niemand het oorleef nie,” het brig. Richard Karemire, woordvoerder vir die weermag, op Twitter bevestig. “Die ondersoek na die voorval het begin.”
Hy het tydens ʼn perskonferensie bygevoeg die Ugandese lugmag se vliegtuie word goed in stand gehou en die oorsaak sal eers tydens die ondersoek aan die lig kom.
Karemire het sy innige meegevoel betuig met die familie van die oorledenes en die hele weermaggemeenskap.
Foto’s by die berig is gewysig sedert dit oorspronklik gepubliseer is. – Red
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Altyd hartseer om te verneem. Mag die Here met vliëeniers se naasbestaandes en familie wees tydens hierdie moeilike omstandighede.
Ter inligting: Indien hierdié wel fotos van die ongelukstoneel is merk ek op dat dit eerder Mi-24 (Hind) helikopter kan wees en nie Bell Jet Ranger…