Twee tereggestel ondanks pleidooie van menseregtegroepe

Argieffoto

Bahrein het twee mense tereggestel wat in ʼn terreursaak skuldig bevind is, ondanks internasionale versoeke vir genade te midde van kommer dat die mans nie ʼn regverdige verhoor gehad het nie en deur marteling gedwing is om bekentenisse af te lê.

The Guardian berig Ali Mohamed Hakeem al-Arab en Ahmed Isa Ahmed Isa al-Malali is in Januarie verlede jaar skuldig bevind tydens ʼn massaverhoor waarby 60 mense betrokke was. Albei het alle moontlike wetlike roetes gevolg in ʼn poging om hul skuldigbevinding om te keer.

Lynn Maalouf, navorsingsdirekteur van Amnestie Internasionaal in die Midde-Ooste, het gesê die teregstellings was “’n skandelike miskenning van menseregte”. Volgens Al Jazeera is die mans deur ʼn vuurpeloton tereggestel.

Die teregstellings het gekom net ure nadat die Verenigde Nasies ʼn beroep op Bahrein se regering gedoen het om nie die teregstellings deur te voer nie. Verskeie menseregtegroepe het probeer om die regering te oortuig om nie met die teregstellings voort te gaan nie.

Maryam Alkhawaja, ʼn menseregteaktivis, het aan Al Jazeera gesê sy dink dit is geensins toeval nie dat die teregstellings gebeur het in dieselfde tyd wat die VSA opdrag gegee het dat teregstellings in dié land voortgesit word.

Die kollig is vroeër vandeesweek opnuut op die menslikheid van die doodstraf laat val nadat die federale Amerikaanse regering Donderdag besluit het om vir die eerste keer sedert 2003 weer gevangenes wat die doodstraf opgelê is, tereg te stel. Dit bring ʼn einde aan ‘n informele moratorium op die doodstraf wat die afgelope paar grootliks onaangeraak is.

Prokureur-generaal William Barr het die Buro van Gevangenisse opdrag gegee om teregstellings te skeduleer wat in Desember sal hervat met vyf mans wat almal skuldig bevind is aan moorde op kinders. Hoewel die doodstraf steeds wettig is in 30 state, word teregstellings op federale vlak selde uitgevoer.

Amerikaanse president Donald Trump. (Foto: File Photo/IANS)

In Texas is 108 misdadigers sedert 2010 tereggestel, meer as in enige ander staat. Hoewel geen misdadigers sedert 2003 federaal tereggestel is nie, het federale howe voortgegaan om beskuldigdes die doodstraf op te lê.

“Die departement van justisie handhaaf die oppergesag van die gereg – en ons is dit aan die slagoffers en hul families verskuldig om die vonnis wat deur ons regsstelsel opgelê is, uit te voer,” het Barr gesê.

Barr het ʼn nuwe prosedure vir dodelike inspuitings goedgekeur wat die vorige drie-bestanddeel mengsel wat voorheen gebruik is, vervang met ʼn enkele middel, pentobarbitaal. Dit is soortgelyk aan ʼn prosedure wat in sommige state gebruik word, insluitend Georgia, Missouri en Texas.

Die kwessie is die jongste van heelwat gevegte oor omstrede onderwerpe wat pres. Donald Trump reeds voer oor kwessies soos aborsie en immigrasie in aanloop tot die 2020 verkiesing.

Die meeste Demokrate is gekant teen die doodstraf. Adjunkpresident Joe Biden het vandeesweek ʼn oproep gedoen vir die opheffing van die federale doodstraf nadat hy dit jare lank gesteun het.

In teenstelling hiermee het Trump al gereeld oor die doodstraf gepraat en sy siening is dat teregstellings dien as ʼn doeltreffende afskrikmiddel en gepaste straf vir sommige misdade, insluitend massa-skietvoorvalle en die moord op polisiebeamptes.

Hy het ook al herhaaldelik gesê dat die VSA beter daaraan toe sal wees om strenger dwelmwette aan te neem soos dié wat deur pres. Rodrigo Duterte van die Filippyne aangeneem is, waaronder duisende dwelmbeskuldigdes deur die polisie doodgemaak is.

Trump was al selfs voor sy presidentskap uitgesproke oor sy steun vir die doodstraf. In 1989 het hy volbladadvertensies in New York-koerante uitgeneem waarin hy owerhede aangemoedig het om die doodstraf terug te bring nadat ʼn drawwer in Central Park verkrag is. “As die straf swaar is, sal die aanvalle op onskuldige mense stop,” het hy destyds geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Valerie ·

Goed so. Elke grapjas “Mense Regte groep” verstaan nie dat die menslikheid van die doodstraf nie opgeweeg kan word teen die afskuwelike moord van ander nie. Wat verwag die klomp “menseregte” groepe? ‘n Verskoning dat moordenaars moord gepleeg het en eintlik in hotelle te bly todat berge in die see wegsak? Se voet.

Joe Olivier ·

Menseregte. Die grootste vloek van ons tyd. Die wat verkeerd doen se “regte” weeg baie maal meer as die ander een sin. Vir een persoon om “regte” te hê, moet n ander een sy regte opoffer. Eintlik het ons as mens geen regte nie, net voorregte.

sweis ·

Ek stem saam almal wat skuldig is aan terreur aanvalle moet doodstraf kry punt.

Sarie ·

As alle moordenaars en verkragters (as die Polisie hulle kan vang!) gehang word, sal ons tronke genoeg plek he vir ander misdadigers en vir hulle moet dit n tronk wees en nie n hotel nie.

Sarie ·

As alle moordenaars en verkragters (as die Polisie hulle kan vang!) gehang word, sal ons tronke genoeg plek he vir ander misdadigers en vir hulle moet dit n tronk wees en nie n hotel nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die “reg tot lewe” moet gebalanseer word met die “reg om NIE te lewe NIE”….en die manier waarop jy jou keuses maak is as volg: 1. Verkrag ‘n kind, 2. Dwelmhandel, 3. Gewapende roof, en 4. Moord. Indien jy een van hierdie 4 aksies uitleef, maak jy dit duidelik dat jy kies om jou “reg om NIE te lewe NIE” wil uitoefen, en voorsien ons jou van nog 5 keuses (hierdie is mos ‘n demokrasie?) naamlik Galg, Vuurpeleton, Elektriese Stoel, Gaskamer of Dodelike Inspuiting. Niemand het niemand “dood” gestraf nie…..JY (as volwasse vrydenkende individu) het in ‘n ware demokrasie die keuse gemaak om jou “reg om NIE te lewe NIE” uit te oefen….en ons het jou gehelp om dit te laat realiser. Eenvoudig!!!

Jannie van Niekerk ·

Menseregte aktiviste kan onder geen omstandighede aanspraak maak daarop dat hulle Christene is nie, want hulle predik dan alles waarteen hulle Bybel gekant is. Gee die misdadigers vir daardie menseregte groep sodat hulle hul “menslikheid ” ten toon kan stel deur finansieël uit hulle eie fondse vir die moordenaars, verkragters, plaasaanvallers, motorkapers en kinder molesteerders kan sorg . Hulle moet ook uit eie sak kos en blyplek verskaf. Binne ‘n halfsekond nadat hulle die misdadiger “omhels” het vir sy “goeie daad” sal hulle self slagoffers wees.

Johanna Botha ·

Die volgende ou sal mos nou 3x dink voor hy so iets probeer ….dit moet hier gebeur !

Andre Stander ·

Terregestel deur n vuurpeleton, maar die argief foto is een van n galg tou…?

‘One thing is not like the other’….

Grassie ·

Oh my, watse menseregte? Wat van die reg om te lewe sonder vrees? As jy besluit om sulke dade te doen het jy jou besluit gemaak en jou regte verloor! Maar soos in Suid Afrika het die moordenaars meer regte en kan jou makliker dood maak as wat jy jou mag beskerm.

Elvira ·

Kriminele het nie menseregte nie. Wens iemand iemand in hierdie land wil dit besef en die kriminele erg straf. Dalk sal misdaad DAN ophou.

Rubber ·

Daar is geen gevolg vir moord of verkragting in SAfrika nie. Hulle word tronk toe gestuur soms vir ‘n paar jaar. As die doodstraf van toepassing was sou moorde definitief nie 57 ‘n dag gewees het nie.

Martie ·

Ek stem iemand wat moord pleeg moet met sy eie lewe boet hy het dan iemand van menseregte beroof hy die moordenaar verdien geen menseregte nie.Die doodstraf met n inspuiting sal baie gou wees so hy gaan eintlik geen pyn he waar sy slagoffer eers verniel word en verneder word en ook kinder verkragters moet die hoogste prys betaal.Suid Afrika sal dan n beter land word en die moord en doodslag syfer sal baie laag wees.

Christa ·

Hulle het nie oorledenes se menseregte in gesien nie. Nee wat, as jy kan moor, Moet jy bereid wees om ook vermoor te word. Vat dit Soos n man

Veronica ·

Ek sekondeer!
Toets dit :
Kondig ” Doodstraf is Terug ” . . . môre landwyd aan in alle koerante, radio, lamppale, internet, TV , FB en Twitter en kyk wat gebeur!!!!
Julle gaan verbaas staan oor die SKIELIKE daling in moorde orals!
NS: Doodstraf is bybels

Wynand ·

Snaaks dat mensse-regte ter prake kom na die midaad en nie met die misdaad nie.

Valerie ·

Dit is al dekades land “Mense Regte Kommissies” en soortgelyke organisasies se manier van aandag trek. Voor die misdaad is daar niemand om kamtig te “beskerm” nie. Die groepe voel, soos Afrikaanse mense sê, vere vir die ware en enigste slagoffer. [I am English but I’m trying hard to work on my Afrikaans.]

humor ·

Stem vir die doodstraf, maar ai ons sal n ander regstelsel met n eerstewereld -kultuur en beredeneringsvermoe oordeelsvermoe moet kry

Nugter ·

Gemaskerde sopbeen, ek stem volkome saam met dit wat jy sê. Bring die doodstraf terug. 99% van die moordenaars en verkragters behoort aan die anc en die eff.

John ·

Verdraaide toepassing sal hier geld. Die boer wat ‘n inbreker skiet sal, al is sy vrou en kinders aangerand, sal die doodstraf kry want hy moes nie die misdadiger geskiet het nie, al gebeur dit ook in die slaapkamer… want die inbreker was seker grondhonger of die grond het glo dalk aan sy grootjie se grootjie se grootjie se grootjie se grootjie…. wat uit die destydse Tanganjika hierheen uitgewyk het wat voorheen in Tsjad gewoon het en voor dit in…

Jan Alleman ·

Sopbeen, jy moet net poging tot moord byvoeg vir ‘n regmatige voorstel.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis tog so teleurstellend dat mense nie “Doodstraf” verstaan nie, en bly skree “Bring doodstraf terug”? Die doodstraf was nooit weg nie…..53 mense in Suid Afrika word per dag deur kriminele “dood gestraf”…..Met ander woorde, die “doodstraf” is hier en word toegepas, net nie meer deur die regering nie!!! Wat verstaan mense nie? Ons moet wegkom van “doodstraf” af….en neig na “Pro-keuse” toe!!! Dan is jy in beheer van jou eie lewens-uitkoms. Die “reg tot lewe” moet gebalanseer word met die “reg om NIE te lewe NIE”….en die individu in SA moet die keuse gegee word watter reg hy of sy wil uitoefen. As dit in plek is, word NIEMAND veroordeel of “dood gestraf” nie….JY KIES WAT JY WIL Hê!! As jy iemand vermoor, KIES jy die “reg om NIE te lewe NIE”!! Dis JOU demokratiese keuse…en NIEMAND kan verantwoordelik gehou word vir jou keuses nie…NET JY!! Kom weg van “bring die doodstraf terug”…dit gaan nooit gebeur nie, en die regering kan dit nie regverdig toepas nie. As SA die “reg om NIE te lewe NIE” in die konstitusie opneem, los dit AL die regering se besware TEEN die doodstraf effektief op…en gee dit die individu VOL MAG oor die uitkoms van sy lewe na gelang van sy dade teenoor die gemeenskap. Maak elke mens verantwoordelik…en sy dade (wat sy lot bepaal) sal begin her-oorweeg word soos wat die gemeenskap beleef hoe mense “die reg om NIE te lewe NIE” laat realiseer!!

De Villiers ·

@Gemaskerde Sopbeen, jy het ń baie duidelike en logiese uitkyk op doodstraf wat ek ondersteun. Doodstraf het ń definitiewe positiewe uitwerking. ‘n Sprekende voorbeeld is Swaziland wat die doodstraf toepas op die stroop van renosters. Daar word basies geen renoster gestroop nie.

Piet parys ·

Doen aan ander wat jy aan jou self gedoen wil hê. So oog vir oog

Seekat ·

PIET, stem 100% saam! Waarom sorg die regstelsel nie ook vir die slagoffer nie? Die skuldige word dan beskerm!

Leon ·

Ek sê, doen aan die oortreders wat hulle aan hulle slagoffers gedoen het. Bloot ‘n oog vir ‘n oog. Of, bring die middeleeuse marteling tot die dood terug. Doen dit sommer in die openbaar. verkoop kaartjies daarvoor. Maak soos die Romeine. Gebruik die stadions wat gebou is vir die sokker en nie meer gebruik word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.